1 eienaar, 1 bestuurder, 1 miljoen kilometer: Scania hou die wiele aan die rol!

IMG_4541
՚n Moeilike en ingewikkelde taak lê voor enige vervoer bestuurder in Suid-Afrika. Slaggate, tolpaaie, duur brandstof en onderdele, en ononderhandelbare sperdatums is alles deel van die probleme wat logistieke dienste in Suid-Afrika onder toenemende druk plaas.
Praktiese ervaring van ‘n Scania eienaar
Van hierdie werk is daar niks wat jy vir Dirk Booysen kan vertel nie. Hy werk al die afgelope 25 jaar in die bedryf en dien tans as die nasionale vlootbestuurder vir South Bakels, (Pty) Ltd, ՚n maatskappy in vervaardiging, verspreiding en tegniese ondersteuning van hoë-gehalte bakkery bestanddele aan die Suid Afrikaanse mark sedert 1948, en waarvan die hoofkantoor in Johannesburg geleë is.
“Ons vragmotors word regoor die land, en selfs tot in Namibië gestuur om te sorg dat ons klante die nodige produkte betyds ontvang. Dit verg lang ure op die pad en ons kan nie bekostig om produktiwiteit te verloor as gevolg van staantyd nie. Ons vragmotors mag nie langs die pad gaan staan nie,” vertel Dirk.
Daarom het Dirk in 2018 besluit om ՚n belegging te maak in die Scania R500- vragmotor wat in daardie jaar van die produksielyn afgerol het. “Scania het ՚n baie goeie naam in die mark. Scania-vragmotors breek nie langs die pad nie, en die onderdele hou lank en is baie betroubaar. Daarom het ons besluit om die Scania te koop,” sê Dirk.
1 miljoen kilometer verder
Hierdie einste R500 se afstandmeter staan vandag op net oor die 990 000 kilometer vandat hy aangekoop is in 2018. “Wat dit nog meer merkwaardig maak, is dat elke kilometer met die oorspronklike enjin, ratkas en ewenaar gery is. Buiten die gewone gereelde versienings is daar nog nie een van die groter onderdele van hierdie vragmotor vervang nie,” verduidelik Dirk.

Dirk Booysen (South Bakels) en David Reynders (Scania Suid-Afrika) wat al jare lank ‘n pad saam stap om te sorg dat die Scania R500 2018 model sorgloos op die pad bly.
Naverkopediens waarop jy kan staat maak
Wanneer dit tyd is om die vragmotor te versien, reël Dirk dit omtrent ՚n week voor die tyd met die Scania-werkswinkel in Johannesburg. Die vragmotor word dan op die bestemde dag na die werkswinkel gestuur, en later dieselfde dag word dit weer aan die eienaar oorhandig. Dit gebeur gewoonlik op ՚n naweek aangesien die vragmotor deur die week moet ry om aflewerings te doen. Om vlootvoertuie oor naweke te versien is weereens ՚n bewys van Scania se toewyding tot uitnemende naverkopediens.
“Ons het nog nooit nodig gehad om vir ՚n onderdele te wag nie,” spog Dirk oor die diens wat hy by Scania ontvang.
Die geheim vir so baie kilometers op die vragmotor is redelik eenvoudig, sê Dirk. In die eerste plek moet jy ՚n fabrikaat koop wat nie noodwendig die goedkoopste is nie, maar wat die beste gehalte staal gebruik om die onderdele te vervaardig. Tweedens moet jy nooit toelaat dat die voertuig se versiening oorgeslaan word nie, en derdens is dit belangrik dat die vragmotor se bestuurder goed opgelei is, en dat die vragmotor net deur daardie bestuurder bestuur mag word. In hierdie geval kan Mohau Morajane met trots sê dat hy die bestuurder van hierdie vragmotor is, wat elke kilometer op die pad saam met die vragmotor was.
Volgens David Reynders, die verteenwoordiger van Scania Suid-Afrika se Nuwetrokverkope-afdeling, stel Scania die klant se behoeftes eerste.
“Ons verstaan dat klante se vragmotors nie kan stilstaan nie. Daarom sorg ons dat die gehalte van ons produk die beste in die mark is, en dat ons dit daarna opvolg met uitnemende naverkopediens.”
Nelisiwe Nkosi, bemarkingsbestuurder van Scania Suid-Afrika, oorhandig ‘n geskenk aan Mohau Morajane, die bestuurder wat al vir byna ‘n miljoen kilometer met die Scania R500-vragmotor afgelê het.
Vragmotors wat hou
Scania se onderdele word van die hoogste gehalte materiaal vervaardig. Daarom is hierdie vragmotor nie die enigste eenheid wat al byna ՚n miljoen kilometer gery het nie. Volgens David Reynders is daar ook ander van die ouer modelle wat steeds daagliks goedere vervoer. Scania het vanaf die maatskappy se stigting in 1891 ՚n naam in die bedryf wat sinoniem is met produkte wat betroubaar en langdurig is.
Daarom verkies vlootbestuurders hierdie voertuie bo ander fabrikate. Die kombinasie van hoë gehalte, langdurige onderdele en naverkopediens wat die kliënt se behoeftes eerste stel, en ondersteuning deur Scania om te sorg dat klante nie vir onderdele voorraad hoef te wag nie, maak Scania die eerste keuse vir voornemende kopers.

Joseph Kgasu, vloot beheerder by South Bakels, wens Mohau van die maatskappy se kant af geluk met die besonderse prestasie van amper ‘n miljoen veilige kilometer sonder ongelukke of hoof komponent brekasies.
Besoek die Scania webwerf vir meer inligting oor die uitstekende produkte en dienste wat Scania aan boere bied.
