Categories: Artikels, Vee en Wild, VeilingsPublished On: 29th August 2025

Westbourn Bonsmaras verkoop top bul teen top prys

By 1 min read
173 words

westbourn

Lot6

Westbourn Bonsmaras se produksieveiling was op 28 Augustus 2025 om 11:00 op die plaas Dampoort waar boere die beste genetika van die Bonsmara-bedryf kon bekom. Beide die stoet- en kommersiële diere het puik gevaar, met uitstekende pryse wat behaal is.

“Ons is aangenaam verras met ‘n ongelooflike veiling en ongelooflike opkoms. Ons prys die Here vir ‘n uitstekende veiling,” sê Fafa van der Westhuizen, die hoof-operasionele bestuurder van Westbourn Bonsmaras.

Die duurste bul (Lot 6) is verkoop vir R320 000 aan Blouberg Bonsmara van Vivo, Limpopo.

Die hoogste prys vir SP 3-1 is Lot 25 verkoop aan Tsar Beef van Mooiriver, KZN vir R85 000.


Die hoogste prys vir SP Dragtige Koei is Lot 30 wat verkoop is aan Thabo Matlatsa van Heidelberg, Gauteng.


Die hoogste prys vir SP Dragtige Kalwer is Lot 37, verkoop vaan Tsar Beef van Mooirivier, KZN.

Westbourn Bonsmara Veilingsverslag:

Lees hier meer oor Westbourn Bonsmaras.

Westbourn Bonsmaras bedank almal wat die veiling bygewoon het en is dankbaar vir die ondersteuning van kopers wat hulle ontvang het. Hulle sien uit om julle weer volgende jaar te ontvang.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0