Weeklikse bees- en skaappryse

rib-of-beef-2644538_1920
BEES

SPEENKALWERS
Die styging in die afgelope week se gemiddelde prys kan toegeskryf word aan `n kleiner aanbod van speenkalwers. Die vleismark verkeer nogsteeds onder druk weens relatief lae verbruiksbesteding en daar heers onsekerheid oor wanneer die kleinhandel en dus karkaspryse `n opleweing sal toon. Die verwagting is dat speenkalfpryse in die komende week verder opwaarts kan beweeg. Gebaseer op die afgelope 20 jaar se gemiddelde speenkalfpryse is daar `n 75% waarskynlikheid vir `n hoër prys in Augustus teenoor Julie en `n 74% kans vir `n styging van Augustus na September.
BEESKARKASSE
In die week van 2 Augustus het die gemiddelde prys van die A2/3’s met 0,4% teenoor die vorige week gedaal. Die C2/C3’s het in die week van 2 Augustus met 1,3% gedaal weens ‘n kleiner vraag gedurende die week. Alhoewel die gemiddelde prys van die A’s steeds hoër is as dieselfde tyd ‘n jaar gelede, ervaar die C2/C3’s steeds druk met ‘n gemiddelde prys wat 8,6% laer is as ‘n jaar gelede weens die swak prestasie in die kleinhandelsvleismark. In die komende week word verwag dat die gemiddelde prys van die A2/A3’s effe opwaarts kan beweeg en by die C’s word ook ‘n styging verwag. Gebaseer op die afgelope 20 jaar se gemiddelde A2/3 karkaspryse is daar `n 75% waarskynlikheid vir `n prysstyging van Julie na Augustus en `n 55% kans vir `n styging van Augustus na September.
SKAAP

STOORLAMMERS
Stoorlampryse was die die afgelope week 0,1% hoër teenoor die vorige week en die verwagting is dat die prys in die komende week moontlik effe afwaarts kan beweeg. Die druk op lamsvleis in die kleinhandelvleismark spoel egter ook oor na stoorlammers. Die gemiddelde prys is in die week van 2 Augustus 0,9% laer teenoor dieselfde periode ‘n jaar gelede. Gebaseer op die afgelope 20 jaar se gemiddelde stoorlamprys is daar `n 55% waarskynlikheid dat die Augustus prys laer gaan wees as in Julie en `n 65% waarskynlikheid vir `n laer prys in September teenoor Augustus.
SKAAPKARKASSE
Die A2/A3’s was in die week van 2 Augustus onveranderd teenoor die vorige week. Die C2/ C3’s se gemiddelde prys het in dieselfde week met 0,7% gestyg. In die komende week mag die A2/ A3’s moontlik verder sywaarts beweeg, maar die C’s kan moontlik afwaarts beweeg. Opmerklik uit bostaande grafiek is die noue band tussen die 2023 en 2024 pryse waar pryse basies presies dieselfde vertoon as `n jaar gelede vir beide A’s en C’s. Oor die langer termyn, gebaseer op die afgelope 20 jaar se gemiddelde A2/3 karkaspryse is daar `n 55% waarskynlikheid vir `n prysstyging van Julie na Augustus en `n 70% kans vir `n prysdaling van Augustus na September.
Bron: RPO