Vrymansfontein wys hoe amandelboerdery in Suid-Afrika floreer

459319634_122199923984026149_1949130708622483844_n
‘n Pragtige prentjie op Vrymansfontein wanneer die amandelbome bloei. (Foto: Vondeling Wines Facebookblad).
Suid-Afrika se amandelbedryf staan aan die vooraand van ‘n nuwe era vol groei en geleenthede. Met die gesogte klimaat en grondtoestande wat die land bied, begin meer boere hierdie winsgewende neute verbou. Die Vondeling-groep, geleë in die pragtige Paarl-distrik, het besluit om te investeer in die groeiende bedryf.
In 2020, het die eienaars van die gesogte Vondeling-wyne besluit om die wêreld van amandel verbouiing aan te durf. Vier jaar later staan die amandelboompies soos duidende soldaaltjies op die plaas Vrymansfontein.

Vrymansfontein se amandelboorde wat die komende 2025-seisoen vir die eerste keer geoes gaan word.
Amandels bestem vir die buiteland
Die Vondeling-groep verbou hoofsaaklik wyndruiwe, met die nuwe amandelboerdery vertakking wat bestaan uit 200 ha amandels, waarvan die meerderheid op Vrymansfontein plaas geleë is.
Magnus Joubert, die eenheidsbestuurder van Vondeling Wines op Vrymansfontein, vertel: “In 2025 gaan ons ons eerste amandeloes afhaal, wat dan hoofsaaklik bestem is vir die uitvoermark.”
Omdat hulle ʼn premium produk verbou, voel Magnus die uitvoermark is die regte keuse. Alhoewel amandel verbouiing in Suid-Afrika redelik uitgebrei het die afgelope vyf tot ses jaar, is die bedryf op ‘n groot kommersiële skaal steeds relatief nuut. Die plaaslike mark is net te pryssensitief, meen Magnus. Daarom is dit sinvol vir die Vondeling-groep om hulle neute uit te voer.
Magnus verklaar dat hy baie positief is oor die industrie: “Alhoewel jy baie uitgelewer is aan weersomstandighede, is ek baie opgewonde oor die amandelbedryf. Dit is vir my so lekker om te sien hoeveel jong opkomende boere ook die landboubedryf betree, wat baie kennis en geesdrif het om dinge saam vorentoe te dryf.”

Op Vrymansfontein is daar drie opgaardamme wat hoofsaaklik gebruik word vir die besproeiing van die amandelboorde.
Droë somers en koue, nat winters, maak vir perfekte kondisies
Omdat amandels droog in die boord, bied droë somers die ideale groei kondisies. Met ‘n beperkte blaredak en relatiewe vlak, maar wye, wortelstelsels, is amandels ‘n uiters watersensitiewe gewas. Indien die neute week na week reën kry, is die bome geneigd om te vrot. Daarom is effektiewe toediening en bestuur krities.
Die bome benodig ongeveer 10 000 kubieke meter water per hektaar per seisoen.
Die besproeiingstelsel maak hoofsaaklik staat op reënwater en water vanuit die berg. Hulle maak ook gebruik van Suid-Agter Paarl se besproeiingskema om hul opgaardamme aan te vul.
Die besproeiing waarmee Magnus en sy span in die wingerde mee vertroud is, is is minder intensief as dié vir amandels, meen hy. Daarom het hulle die Agrico-span genader. Dié het presies geweet wat die vereistes is volgens hul spesifieke behoeftes.

Gerrie van Zyl van Agrico saam met Magnus Joubert, eenheidsbestuurder van Vondeling Wines op die plaas, Vrymansfontein, buite die Paarl.
Magnus vertel oor hul besproeiingsreis: “Ons doen al jare lank besigheid met Agrico, en ek stap al ‘n lang pad saam met hul ontwerper Gerrie van Zyl. Die voordeel van Agrico se kundiges is die feit dat hulle vertroud is met die area, wat ons baie gehelp het met die opstel van die stelsel.
“Hier op Vrymansfontein het ons redelike swaar kleigrond, en daarom het ons het dubbellyn-druppers met 600 mm-spasiëring (omdat swaar grond redelik vinnig versadig word) gevestig wat 1.6 liter per uur lewer.
Die doeltreffendheid van die druppers was die deurslaggewende faktor by Vrymansfontein. Sonder veel ekstra watervoorsiening, moet hulle redelik spaarsamig werk met water – iets wat ‘n drupstelsel ontwerp is om te doen.
“Drupbesproeiing gee vir ons die beste waterverbruik, met die minste vermorsing van water. Ons werk op 9 000 tot 11 000 kubiek per ha per blok vir optimale amandelproduksie in ons gebied. Nog ‘n voordeel is die feit dat jy jou water presies plaas daar dit benodig word. Ons voeding vir die bome gaan ook deur ons kunsmisstelsel wat deur die druppers toegedien word by die wortels, waar dit van kardinale belang is.”
![]() |
![]() |
Die dubbellyndruppers wat Agrico op Vrymansfontein geïnstalleer het, verseker dat elke amandelboom presies die regte hoeveelheid water op die regte tyd kry.
Slim waterbestuur met behulp van die nuutste tegnologieMagnus verduidelik dat hulle die besproeiingsprogram Irrigator gebruik, om die besproeiing outomaties en binne op regte skedule toe te dien. Hulle gebruik ook Phytech, wat met behulp van ‘n weerstasie die waterbehoeftes van die bome bepaal en die grondvog monitor, om jou te help om ‘n ingeligte besluit te neem oor die watertoediening.
Die amandels op Vrymansfontein kry in piekseisoen twee maal per dag water. Soggens 10:00 word drie-vyfdes van die dag se waterbehoefte toegedoen en in die middag word die res van die water gegee.
Magnus sê: “Die stelsel is so ontwerp dat ons binne drie skuiwe die hele plaas kan besproei. Ons kan tot 50 ha per siklus doen, so dit beteken na drie siklusse is al die amandels besproei.”
![]() |
![]() |
![]() |
Die oprigting, installasie en ontwerp van die stelsels wat deur die Agrico behartig is.
Kundiges in die veld met Agrico aan hul sy
Magnus vertel dat dit lekker is om met kundiges in die veld te kan werk. “Omdat ons stelsels redelik nuut is, moes ons maar baie leer. Agrico het die stelsel van die begin af baie goed ontwerp gebaseer op kundige raad wat ons gehelp het om die regte pompstelsels en besproeiingstelsels hier op te rig.
“Tydens die installasie van die stelsel was daar altyd iemand van Agrico met die nodige kennis teenwoordig op die perseel. Alhoewel ons nie self elke dag op die plaas kon wees nie, het dit vir ons soveel gemoedsrus gegee om te weet dat ons in goeie hande is.
“Met Agrico weet ons ook dat ons die beste produkte teen die beste pryse sal kry. Alles werk presies en is aan die voorpunt van tegnologie wat op ons van toepassing is. Ons het werklik ‘n goeie verstandhouding met ‘n Agrico en ons sien uit na wat die toekoms inhou!”
Indien jy wil kontak maak met die kundiges van Agrico om die beste oplossing vir jou plaas se besproeiingsbehoeftes te vind, besoek hulle webwerf by https://agrico.co.za/