Volstuisbedryf ‘hou kop bo water’

wmremove-transformed
Die volstruisbedryf is gesond te midde van vele uitdagings. (Bron: Verskaf)
Die Suid-Afrikaanse Volstruisbedryf hou kop bo water, sê Francois de Wet, besturende direkteur van Cape Karoo International.
“Dit beteken nie dat ons amper sink nie, maar dat die bedryf ten spyte van uitdagings voortbestaan en selfs groei.”
Die grootste uitdaging op die oomblik is die 30% tarief wat president Donald Trump op invoere vanuit Suid-Afrika na die VSA hef. “Die uitvoer van volstruisleer na die VSA beslaan sowat 20% van Cape Karoo International (CKI) se leerverkope. Die leer word aan bekende stewelvervaardigers soos Justin Boot, Lucchese en Anderson Bean in die VSA gelewer. Omdat die VSA oor geen plaaslike volstruisbedryf beskik nie, is hierdie vervaardigers in geheel afhanklik van Suid-Afrika vir volstruisleer vir hulle produksie.
“Ons is van mening dat volstruisleer van die nuwe tariewe vrygestel behoort te word omdat die stewelvervaardigers nie ՚n alternatiewe bron van leer het nie en van invoere afhanklik is,” sê Francois.
Volgens hom het CKI se VSA-kliënte tans nog genoeg voorraad, maar in die medium-termyn sal met vennote onderhandel moet word oor hoe die 30% tarief deur die ganse waardeketting gedra kan word; dit sluit CKI as uitvoerders, die invoerders en vervaardigers in die VSA, winkels en uiteindelik die Amerikaanse verbruiker in.
“Die proses is egter makliker gesê as gedaan, maar dit is vir ons onmoontlik om die 30% tarief op ons eie te absorbeer.”
Volgens Francois word werksverliese nie oor die medium-termyn verwag nie, maar die verhoogde tariewe gaan CKI onvermydelik raak. “En as ons besigheid ly, sal dit die ganse waardeketting beïnvloed, wat volstruisboere en hulle
werkers insluit.”
Die uitvoer van volstruisvere na die VSA verteenwoordig sowat 14% van CKI se totale vereverkope. “Net soos in die geval met leer doen ons samesprekings met ons kliënte in die VSA om vas te stel hoe die nuwe tariewe oor die hele waardeketting gedeel kan word.”

Die volstruisbedryf is gesond te midde van vele uitdagings. (Bron: Verskaf)
Volstruisbedryf ՚n anker in Klein-Karoo
Die volstruisbedryf, wat die teel en slag van volstruise vir vleis, leer, vere en ander byprodukte insluit, is histories in die Klein-Karoo rondom Oudtshoorn gesetel en dit is steeds die middelpunt van die bedryf wat teel en verwerking betref.
Suid-Afrika produseer sowat 150 000 volstruise per jaar. Daar is altesaam 360 geregistreerde volstruisplase waarvan ongeveer 200 plase is vanwaar volstruise geslag word, en die balans is broeiplase of kuikengrootmakers. Suid-Afrika is die wêreldleier in die volstruisbedryf en lewer tot 70% van die wêreld se volstruisprodukte. Produkte sluit vleis, veral verhitte- en verwerkte produkte, leer, vere, en selfs verwerkte byprodukte gerig op die toerismemark in. Die Suid-Afrikaanse Volstruisbesigheidskamer (SAOBV) koördineer produksie en verseker dat aan internasionale biosekerheids-, uitvoer-, en gehaltestandaarde voldoen word.
Die bedryf beskik oor talle abattoirs en looierye wat voldoen aan EU standaarde betreffende voedselveiligheid en leergehalte-standaarde, en verskaf sowat 20 000 direkte poste in landelike gebiede. Met sowat 90% van die leer en vere, asook sowat 30% van die vleis wat uitgevoer word, verdien die bedryf jaarliks sowat R1,5 miljard aan uitvoerinkomste.
Vere en vere-produkte soos vere-stoffers word uitgevoer na die Verre Ooste, Europa en die VSA, terwyl hitte behandelde vleis hoofsaaklik na Europa uitgevoer word. Volstruisleer word hoofsaaklik na Europa, die VSA en Mexiko uitgevoer.
Die EU en VK is die belangrikste invoermarkte vir hitte-behandelde volstruisvleis; uitvoerders ondersoek ook die moontlikheid van ander vleisprodukte en die uitbreiding van die vooraf verhitte vleis-uitvoere. Produksie sal na verwagting met 7% groei in die 2025/2026 seisoen danksy ՚n stabiele vraag na leer en vleis asook goedkoper kos;
weens goeie reëns kon lusern aangeplant word.

Die bedryf beskik oor talle abattoirs en looierye wat voldoen aan EU standaarde betreffende voedselveiligheid en leergehalte-standaarde, en verskaf sowat 20 000 direkte poste in landelike gebiede. (Bron: Verskaf)
Uitdagings
•Hoër produksiekoste op plase te midde van ՚n daling in slagvolstruis-realisasie.
•Stabilisering van die veremark te midde van swakker vraag in Sjina en verlaagde pryse
•Droogtes, wat daartoe lei dat boere nie self lusern vir voer kan produseer nie, lei tot duur voeraankope.
•Kragonderbrekings deur energieverskaffer Eskom kniehalter prosesse.
•Onsekerheid oor grondbeleidsrigtings beperk ontwikkeling en beleggings.
Trump se verhoogde invoertarief
Die Trump-administrasie se 30% unilaterale tarief op ingevoerde produkte – insluitend SA volstruisleer, is reeds van toepassing. “Die bedryf hoop dat die Suid Afrikaanse regering se Departement van Handel, Industrie en Kompetisie (DTIC) tog in die maande wat kom ՚n meer voordelige handelsooreenkoms met die VSA sal kan onderhandel,” sê Francois. is reeds van toepassing. “Die bedryf hoop dat die Suid Afrikaanse regering se Departement van Handel, Industrie en Kompetisie (DTIC) tog in die maande wat kom ՚n meer voordelige handelsooreenkoms met die VSA sal kan onderhandel,” sê Francois.

Volstruisprodukte sluit vleis, veral verhitte- en verwerkte produkte, leer, vere, en selfs verwerkte byprodukte gerig op die
toerismemark in. (Bron: Verskaf)
Voëlgriep
Die volstruisbedryf het ook al sy kwota voelgriep-ellendes gehad. Die eerste H5N1- uitbrekings in veertig jaar het in 2004 voorgekom. Altesaam 26 000 volstruise op 38 plase is van kant gemaak. Bestuurspraktyke soos die afgrensing van riviere en ander oop water en ՚n verandering in voerpraktyke om kontak met wilde voëls te verminder, is toegepas. ՚n Onverwante uitbreking van H5N2 in 2006 het tot verskerpte biosekerheidsmaatreëls gelei. Die Eu het in November 2006 die land as vry van HPAI verklaar en ՚n nuwe protokol het bepaal dat volstruisvleis van volstruise wat 28 dae voor slagting getoets is vanuit sekere gebiede uitgevoer mag word.
Uitvoerprotokol
Sedert die uitbreking in 2006, word streng EU-goedgekeurde volstruisprotokol van krag. Dit kom daarop neer dat slegs hitte-behandelde volstruisvleis na die EU uitgevoer mag word. Uitvoere word toegelaat onder streng kompartementalisering. Geen volstruise mag nie vervoer word voordat hulle eers negatief vir Avian Influenza getoets is nie. Daarna word ՚n vervoerpermit uitgereik. Volstruise moet ook negatief toets voordat hulle na enige abattoir vervoer kan word vir slagting. Indien daar ՚n Avian Influenza uitbreking op ՚n spesifieke plaas is, mag geen volstruise vir hitte-behandelde uitvoere geslag word as die plaas binne ՚n radius van 10 km vanaf ՚n besmette kompartement is nie.

Die voorkoming van kontak tussen wilde voëls en volstruise bly die grootste uitdaging, veral omdat Suid-Afrika op migrasieroetes lê. (Bron: Verskaf)
Samewerking
Volgens dr Adriaan Olivier, veearts op Oudtshoorn is die bedryf se samewerking met die departement van landbou se strukture, soos veeartsenydienste, op plaaslike vlak krities.
“Die neem van self verantwoording om oplossing te vind en toe te pas is verder die enigste behoud in die huidige omgewing waar die staat geweldige uitdagings ervaar.”
Bronverwysings
Karombo, T. (2020) SA produces more than 65% of the world’s ostriches but farmers say they need more rain IOL
https://iol.co.za/business-report/economy/2020-02-01-sa-produces-more-than-65-of-the-worlds-ostriches-but-farmers-say-they-need-more-rain/?utm_source=chatgpt.com#google_vignette
Karombo, T. (2019) South African ostrich farmers try new strategies to stay afloat. The Poultry Site
https://www.thepoultrysite.com/articles/south-african-ostrich-farmers-try-new-strategies-to-stay-afloat?utm_source=chatgpt.com
Matthews, R. (2025) Ostrich Industry Set for Growth, But Challenges Loom-Experts AfroAgri Review
https://afroagrireview.com/ostrich-industry-set-for-growth-but-challenges-loom-experts/?utm_source=chatgpt.com
Ostrich South Africa
https://ostrichsa.co.za
Ostrich Wikipedia
https://en.wikipedia.org/wiki/Ostrich?utm_source=chatgpt.com
Poultry farming part 6.2: Biosecurity (2022)
https://proagri.co.za/poultry-farming-part-6-2-biosecurity/?utm_source=chatgpt.com
Steenkamp, H. (2016) The Big Birds Sustaining South Africa’s Economy
https://henristeenkamp.org/south-africas-thriving-ostrich-industry/?utm_source=chatgpt.com
Van Helden, L.S., Sinclair, M., Koen, P., Grewar, J.D. (2011) Description of an outbreak of highly pathogenic avian influenza in domestic ostriches (Struthio camelus) in South Africa in 2011. PMID: 27237385. DOI:10.1016/j.prevetmed.2016.03.019
https://pubmed.ncbi.nlm.nih.gov/27237385/