Categories: Artikels, Vee en WildPublished On: 19th January 2026

Voer jou skape en beeste maklik in die veld met Steel Tube & Pipe Profiles se skaap- en beesringe

By 2 min read
406 words

WhatsApp Image 2026-01-13 at 10.21.57

Om voer aan te koop is een van die duurste uitgawes in veeboerdery, en enige vermorsing daarvan raak ’n boer se sak direk. Daarom is Steel Tube & Pipe Profiles se skaap- en beesringe vir voerbale ’n eenvoudige maar uiters doeltreffende oplossing om voerverliese te beperk.

Hulle wil graag die boer se lewe makliker maak en het daarom gehalte voerringe gemaak van stewige staal om jare lank te hou. Hierdie ringe is weerbestand en maklik verskuifbaar. Die beesring is 1,2 m hoog en 1,6 m of 1,8 m in deursnee. Die skaapring is 1,1 m hoog en 1,6 m in deursnee.

Die ringe vernou na onder wat dit van ander soortgelyke produkte onderskei. Hulle pas inmekaar en word dus maklik vervoer – en dit neem min spasie in vir stoordoeleindes.

Hoekom moet boere juis skaap- en beesringe gebruik vir voerbale?

  1. Minder voervermorsing

Die beeste en skape kan hul kop deur die ring sit om by die voer uit te kom sonder om bo-oor dit te trap en die voer te beskadig of dit met hul mis en urine te besoedel. Navorsing en praktiese ondervinding wys dat voervermorsing met 30 tot 40% verminder kan word wanneer voerringe gebruik word.

  1. Groot kostebesparing

Elke kilogram voer wat vermors word, is geld wat verlore gaan. Deur skaap- en beesringe te gebruik, kry boere meer waarde uit elke baal en hoef hulle oor ’n lang tydperk minder bale aan te koop.

  1. Beter dieregesondheid

Skoner voer beteken minder siektes. Diere wat nie op vuil of nat voer eet nie, het minder risiko vir maag- en respiratoriese probleme, veral gedurende nat of koue winters.

  1. Minder vertrapping van kampe

Wanneer voer los op die grond lê, word die area vinnig modderig en kaal getrap. ’n Voerring hou die voer op een plek en verminder die skade aan weiding en die grondstruktuur.

  1. Bespaar tyd en arbeid

Voerringe maak dit makliker om voer te monitor. Boere kan vinnig sien hoeveel voer oor is en wanneer nuwe bale nodig is.

Steel Tube & Pipe Profiles bied ’n higiëniese oplossing vir boere se voerkrale.

Steel Tube en Pipe Profiles het ook ’n groot verskeidenheid veehanteringstoerusting soos skaap-, tuin- en skuifhekke, beeskrale, lamhokke en skaapkrale.

Die onderneming lewer al hul produkte landswyd af wat boere tyd en geld bespaar. Steel Tube & Pipe Profiles is verbind tot die verskaffing van gehalte toerusting wat slegs met die beste materiaal vervaardig word.

Vir meer inligting oor hul produkte en dienste, besoek hul webwerf by https://steeltubeprofiles.co.za/

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0