Categories: Artikels, HulpbronbestuurPublished On: 10th October 2023

VIVO Boerebemarkingsdag 2023: Grootste Landbou-ekspo in Limpopo

By 2 min read
387 words

DWIdvKVg

NAMPO is nie die enigste groot landbouskou in Suid-Afrika nie. Limpopo het ook hulle eie groot LANDBOU-EKSPO – die VIVO Boerebemarkingsdag.

“Vivo Boerebemarkingsdag is nie net `n byeenkoms nie; dis `n viering van LANDBOU, ERFENIS en die lewe op die plaas.”

Die skou vind plaas vanaf 12 tot 14 Oktober 2023 te Plaas De Ruigte, Vivo Limpopo. 12 Oktober is dit die CASMAR Losgoedveiling en 13 -14 Oktober die Landbou-ekspo.

Die Boerebemarkingsdag is die hartklop van die klein boeredorp Vivo en die hoofbron van inkomste vir die plaaslike skool – CVO Skool Vivo.

Hierdie geleentheid is ‘n fantastiese bemarkingsgeleentheid vir besighede om met boere van regoor die hele Limpopo besigheid te doen. Die Boerebemarkingsdag bied ook ‘n unieke platform waar boere hul kennis kan uitbrei t.o.v die nuutste tegnologie, produktiwiteitsoplossings en enige Landbouverwante kwessies.

“Die hoof fokus van hierdie bemarkingsgeleentheid is om die boer en die besigheid bymekaar uit te bring. Ons nooi boere van regoor die hele Limpopo om die naweek te kom bywoon en ons moedig besighede aan om interaktief hulself te bemark, asook om met die boere te netwerk, verlede jaar het ons boere so ver as Koster gehad wat kom saam kuier het,” sê CT van der Merwe, voorsitter van die Vivo Boerebemarkingsdag asook hoofuitvoerende-beampte van AL 3 Boerdery.

In 2022 het die geleentheid meer as 3 500 besoekers per dag gesien en 150+ besighede wat uitgestal het.

Vanjaar sal gaskunstenaars, Prop en Bok van Blerk optree.  Deur die dag sal daar deurgaans vermaak vir oud tot jonk wees. Ons unieke Snuffelmark en Plaas-Proe-Produkte uitstallers van die MammaMall sal enige persoon met graagte laat rondsnuffel. Alle verversing en wegneemetes word verskaf deur lokale skole, kerke en fondse – so help ons die gemeenskap groei!

Hulle beplan ook ‘n Vroue Fees – om die boervrou te vier en natuurlik word daar vir boere ‘n uitstekende Landboudemonstrasie – waar hul die nuutste landbou tegnologie, trekkers & toerusting kan kom uittoets. Daar is ook paneelgesprekke. Landbouweekblad gaan saam met die kundiges van HolmStone gespreksessies oor die koolstofmark en energie-oplossings aanbied. Op hul beurt gaan Henning Holm en Adriaan Oosthuizen oor energie- en kragoplossings vir die landbougemeenskap gesels.

KOSTES:

Volwassenes: R150 pp per dag of R200 vir 2 dae.

Skoolgaande kinders: R50

Kliek HIER vir die aalyn besprekingsplatform.

Volg hulle op Facebook: vivoboerebemarkingsdag of besoek hulle webwerf vir meer inligting. Jy kan ook ‘n e-pos stuur na vivobemarkingsdag@gmail.com

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0