Vir alle graanhantering: ABC Hansen brei sy reeks toerusting uit

Nuut van ABC Hansen
ABC Hansen doen reeds sedert die vroeë 1990’s sake in die landboubedryf in Afrika, en is veral bekend vir die gehalte graansiloprojekte wat regdeur Afrika opgerig word asook die ikoniese Hippo-hamermeulens en -voermeulens. ABC Hansen vervaardig ook takelwerk, torings, loopvlakke en alle graan-hanterings- en verwante toerusting en voer ‘n wye reeks toerusting in vir waardetoevoeging in die landbousektor.
Intussen het ABC Hansen sy fokus uitgebrei om sy kernmark beter te bedien deur silosaklaaiers en -uitlaaiers asook die sakke self en kuilvoertoerusting ook by te trek. Dit sluit die merkwaardige Noguiera vanaf Brasilië se ry-onafhanklike kuilvoerkerwers wat werkwydte het van tussen 1 000 mm en 2 500 mm in, asook enkelry- en dubbelrykerwers en kuilvoersaklaaiers en die sakke self.
‘n Verdere behoefte waaraan ABC Hansen aandag skenk het ontstaan deurdat veral kleiner mielieboere graag hulle eie mielies wil stroop, maar self-aangedrewe stropers eenvoudig te duur is en tweedehandse masjiene ‘n hoë mate van duur onderhoud verg en dikwels ‘n gesukkel afgee met ouer, bekostigbare modelle.
Gevolglik is ‘n kompakte, besonder goed ontwerpte trekkeraangedrewe stroper nou ook beskikbaar. Die Combine-mieliestroper vanaf Brasilië voer die mielieplant in met sleepkettings, presies soos die groot stropers, en ‘n aansienlik laer vermorsing word ervaar as met awegaarinvoerstelsels, insluitend laer onderhoud. Die reeks is beskikbaar in een- en tweery-ontwerp.
‘n Bykomende leemte in die mark vir klipversamelaars het ontstaan met die onttrekking van verskeie vervaardigers, maarABC Hansen bied nou die besonderse reeks Kivi Pekka-klipversamelaars uit Finland aan alle boerderybedrywighede waar klipperige lande ‘n beperking plaas op uitnemende opbrengs. Die Kivi Pekka het werkswydtes van 3 meter, 5 meter en 7 meter en verg slegs sowat 60 tot 80 kW trekkerkrag.
Hierdie is wêreldwyd die toppresterende klipversamelaar en verwyder klippe tussen 30 mm (wat na 20 mm afgestel kan word) en met maksimum 500 mm deursnee uit ‘n land. Die bes verkopende model is die 5-meter versamelaar wat ABC Hansen in voorraad hou. Ander modelle kan op kort kennisgewing gelewer word. Ons is gerieflik in Pretoria geleë indien u die toerusting self wil besigtig.
Vir meer inligting, kontak vir Marion van Niekerk by 012-803-0036 of 082-577-1247 en besoek die webwerf by www.abchansenafrica.co.za.