VIDEO: Vlakte Bonsmara 15de Bulveiling | 18 Oktober

Screenshot 2024-10-07 101751
Die Vlakte Bonsmara Studiegroep staan bekend vir hulle verbintenis tot uitnemendheid en die groep vooruitstrewende Bonsmaratelers fokus daarop om bulle in die mark beskikbaar te stel wat werklik uitstaan ten opsigte van aanpasbaarheid, vrugbaarheid en groeipotensiaal. Hierdie telers lewer gereeld van die beste Bonsmara-genetika en verseker dat elke bul wat op die veiling aangebied word, jare se toegewyde teling en gehalte verteenwoordig.
Volg die skakel na die digitale katalogus:
Merk die datum aan in jou dagboek en sluit aan by die Vlakte-groep se bulveiling: Vrydag, 18 Oktober 2024 om 11:00 te plaas Doornpan, Roedtan.
**Die Vlakte-groep bied ook 400 km GRATIS vervoer op alle diere, asook 30 dae allesomvattende versekeringsdekking op die bulle.
Die veiling word lewendig deur Vleissentraal Bosveld aangebied en sal ook aanlyn deur SwiftVee aangebied word.
Vir enige navra kontak:
Hendrik van der Walt: 083 628 9301
HP van der Walt: 081 011 2049
Besoek die Vlakte Bonsmara Studiegroep se webwerf vir enige addisionele inligting: https://www.vlaktebonsmara.co.za/