Categories: Meganisasie Videos, Video's, VideosPublished On: 6th March 2026

VIDEO: Valtrac se Balerresies 2026: ‘n Hoogtepunt vir hooiboere

By 1 min read
108 words

VALTRAC TN – OVERVIEW

Die 2026-landboukalender het sommer vroeg afgeskop met ’n hoogtepunt vir hooiboere: die gewilde Balerresies, aangebied deur FarmSpace in samewerking met Valtrac.

Dis ’n dag wat elke boer wat erns maak met gehalte hooi en doeltreffende toerusting, met ’n rooi sirkel omring op die kalender. Meer as net ’n resies, het die dag aan besoekers die geleentheid gebied om die nuutste balertegnologie en ook ander hooitoerusting van naby te beleef en dit alles in aksie.

Valtrac met Kuhn-balers: VB 3160 (veranderlikekamer) en FB 3130 (vastekamer) was by die dag. Die wenners kan vir ‘n jaar spog met hulle uitslae.

Kyk die video vir meer inligting:

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0