VIDEO: New Holland slaan ‘n eersteplek los by Stroperresies!
Derrick Coetzee, produkspesialis by New Holland, is baie opgewonde om te vertel presies wat dit is wat hulle stropers die bobaas-kampioene maak.
Hulle het vanjaar twee masjiene ingeskryf; in Klas 6 die CR6.80 en in Klas 8 ons CR7.90-stroper wat ‘n Klas 7-stroper is.
New Holland maak hulle masjiene so kragdoeltreffend as moontlik om die bedryfskoste vir die boer laer te hou. Die eenvoudige uitleg van die stroper se aandrywing en die lae enjinkraggebruik hou die brandstofverbruik ook so laag as moontlik.
Derrick verduidelik in die video meer oor die masjiene se spesifikasies.
Vir meer inligting, besoek www.newholland.com.