Categories: NuusPublished On: 28th March 2025

Video: Megaboer van Noordwes wen groot met Egte CNH onderdele-kompetisie

By 1 min read
113 words

New Holland Thumbnail

Die wenner van die CNH “Wen ‘n trekker-kompetisie” om egte CNH-onderdele te bevorder, Pierre Vercueil, het sy splinternuwe New Holland TT3.45-trekker ontvang.

Vir elke R10 000 se egte CNH-onderdele wat jy gekoop het, het jy ‘n inskrywing vir die kompetisie en ‘n landbou.com-intekening van 12 maande ontvang. Elke maand is ‘n wenner getrek en uiteindelik het die top drie uit meer as 1 000 inskrywings om die groot prys meegeding. Terwyl Pierre met die TT3.45-trekker weggestap het, het die naaswenners elk ‘n koopbewys van R5 000 van New Holland ontvang.

Pierre het sy egte New Holland-onderdele by NWK Lichtenburg gekoop. Hy glo in New Holland se gehalte en naverkopediens.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0