Categories: Meganisasie Videos, Video'sPublished On: 25th May 2026

VIDEO: LEMKEN stel splinternuwe MultiHub-stelsel bekend

By 1 min read
121 words

NAMPO 2026_LEMKEN_THUMBNAIL

Een van die grootste trekpleisters vir boere vanjaar by LEMKEN se standplaas was hul nuwe MultiHub-stelsel wat op die Rubin 10-masjien vertoon is. Volgens Wessel Vosloo van LEMKEN Suid-Afrika bied dié tegnologie vir boere die vermoë om saad tydens grondbewerking in jou grond te kry, alles in een bewerking.

Die MultiHub is ’n ISOBUS-eenheid wat fyn saad akkuraat kan uitmeet en op verskillende LEMKEN-masjiene gebruik kan word. Die stelsel werk met ’n elektriese uitmeetmeganisme en ’n hidrouliese waaier wat die saad op die rollers plaas terwyl die implement werk. Dit beteken boere kan tyd bespaar, brandstofverbruik verminder en meer doeltreffend werk deur verskeie aksies in een bewerking te kombineer.

Kyk die video vir meer inligting.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0