VIDEO: Keer stikstofverliese met Kynoplus Pro®
Kynoplus pro AFR Thumbnail
Kynoplus Pro® vervang die bestaande Kynoplus® met verbeterde beskerming teen stikstofverliese en ‘n nog groter opbrengspotensiaal vir boere. Kynoplus Pro® is nie bloot ‘n aanpassing van ‘n bestaande formule nie.
Dit is ‘n nuwegeslag urease-onderdrukker, met twee aktiewe bestanddele: NBPT (N-n-butiel tiofosforiese triamied) ‘n beproefde element, en ‘n nuwer komponent, Duromide.
Kynoplus Pro® is ‘n belegging in jou grond, jou oes, en jou gemoedsrus.