VIDEO: Hoogtepunt in die Bosveld: Soutpansberg Bonsmara Produksieveiling 2025

Soutpansberg TN
Op Vrydag, 10 Oktober, het Soutpansberg Bonsmaras weer bewys hoekom hulle ’n krag is in die Bonsmara-bedryf.
Die jaarlikse produksieveiling op De Ruigte naby Vivo het kopers van regoor Suid-Afrika gelok – almal op soek na beproefde genetika wat presteer waar dit tel.
Met ’n indrukwekkende aanbod van geharde, vrugbare en aanpasbare diere, het die veiling uitgestyg as ’n toonbeeld van teeluitnemendheid. Lot 10, ’n uitsonderlike bul van Soutpansberg Bonsmaras, het die hoogste bod van R100 000 behaal – ’n duidelike aanduiding van die vertroue in hierdie groep se genetiese standaarde.
Lees die hele veilingsverslag hier.