Categories: Artikels, Vee en Wild, VeilingsPublished On: 13th October 2025

Soutpansberg Bonsmaras se genetika lok kopers Vivo toe

By 1 min read
275 words

bons x

Op Vrydag, 10 Oktober 2025, het Soutpansberg Bonsmaras hulle jaarlikse produksieveiling op die plaas De Ruigte naby Vivo aangebied, ’n dag wat beslis as ’n hoogtepunt in die streek se Bonsmara-kalender aangeteken word.

Met ’n puik aanbod van genetika en ’n sterk kopersbelangstelling vanaf regoor die land, was dit ’n besonderse suksesvolle dag vir die Soutpansberg-groep en al hulle gasverkopers.

Die veiling is professioneel aangebied deur André Kock & Seuns in samewerking met Meerkat se aanlynplatform, wat verseker het dat kopers van naby en ver kon deelneem.

Soutpansberg Bonsmaras, gevestig in die hartjie van die bosveld in Limpopo, is bekend vir hulle konsekwente fokus op gehardheid, vrugbaarheid en aanpasbaarheid – eienskappe wat in die Noordelike produksie-omgewing goud werd is. Die groep bestaan uit toegewyde telers wat saamwerk om topgehalte Bonsmara-genetika aan die mark te bied.

Die duurste bul van die dag, Lot 10 van Soutpansberg Bonsmaras, is verkoop vir R100 000 aan Floris Venter – ’n bewys van die hoë gehalte bulle wat op aanbod was.

Die veilingsresultate het die groep se hoë gehalte en standaarde weerspieël:

  • Stoetbulle: Hoogste R100 000 | Gemiddeld R71 000
  • Kommersiële dragtige koeie: Hoogste R22 000 | Gemiddeld R19 700
  • Kommersiële dragtige verse: Hoogste R25 000 | Gemiddeld R20 995
  • Kommersiële koeie & kalwers: Hoogste R24 000 | Gemiddeld R21 300
  • Kommersiële oop verse: Hoogste R23 000 | Gemiddeld R15 650

Met ’n positiewe atmosfeer, goeie pryse en ’n sterk teenwoordigheid van lojale kopers, het die dag afgesluit op ’n toon van dankbaarheid en trots. Soutpansberg Bonsmaras bedank elke koper en ondersteuner wat bygedra het tot die sukses van die dag en sien met groot verwagting uit na nog ’n jaar van genetiese vooruitgang in die Bonsmara-bedryf. Hulle veiling sal weer 2026 vroeg Oktober-maand plaasvind.

2

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

2