VIDEO: Hoekom Kallie Viljoen op Agrico staatmaak in Pandamatenga

Botswana Video 2
Pandamatenga in die noorde van Botswana is bekend vir sy swaar kleigrond, grootskaalsedroëlandboerdery en toenemende beleggings in besproeiing.
Dit is ook ’n uitdagende streek met sterk winde, hoë koste vir energie – en die lang afstande tot by die naaste verskaffers beteken dat boere slim moet werk met elke druppel water en elke masjien. Een van die boere wat hierdie uitdagings daagliks trotseer is Kallie Viljoen, eienaar van Estfort Holdings.
Ná 25 jaar in Pandamatenga het hy ’n duidelike perspektief op wat werk en wat nie, en sy ervaring met Agrico se produkte en diens is ’n getuienis van die waarde van die regte vennootskap. Kyk die video vir meer: