VIDEO: Elim BRANDT maak ‘n verskil in Kroonstad

ELIM TN
Vir boere soos Erasmus van Schalkwyk, wat al 26 jaar voltyds op die plaas Eendoring in Kroonstad boer, is dit presies waar die Elim BRANDT-produktereeks ’n verskil maak. Erasmus, wat mielies en veral sojabone verbou, beskryf boerdery as ’n voortdurende proses van aanpassing.
“Elke jaar bring nuwe uitdagings. Jy moet vat wat jy kry en die beste daarvan maak,” verduidelik hy.
Dit is juis hierdie realiteit wat hom ses jaar gelede na die BRANDT-reeks gelei het; ’n besluit wat hy vandag as strategies beskou. Hy verduidelik dat hy begin met produkte soos Homeland, wat vroeg in die seisoen gebruik word om plante se aanvanklike ontwikkeling te ondersteun deur sterk wortelgroei te stimuleer en vestiging te versnel, wat die opname van water en voedingstowwe verbeter.
Kyk die video vir meer: