VIDEO: Bul verkoop vir R340 000 by die Nu-Alcade veiling

Screenshot 2024-10-09 121818
Ten spyte van die moeilike ekonomiese toestande en droogte waardeur boere tans stoei, was hierdie veiling steeds suksesvol met terugkerende sowel as nuwe kopers wat die Nu-Alcade groep ondersteun deur al die jare.
Bulle verkoop aan stoettelers (4x) met ‘n gemiddeld van R230 000,00 en die hooste prys van R340 000,00
Bulle verkoop aan kommersiele telers (20x) met ‘n gemiddeld van R62 750,00 en die hoogste prys van R140 000,00
Dragtige koeie met kalwers: Gemiddeld van R30 666,00 met die hoogste prys van R33 000,00
Koeie met kalwers: Gemiddeld van R29 982,00 met die hoogste prys van R33 000,00
Dragtige koeie: Gemiddeld van R22 600,00 met die hoogste prys van R26 500,00
Dragtige verse: Gemiddeld van R21 363,00 met die hoogste prys van R27 000,00
Die slagvee was ook van uitstaande gehalte en het grootliks bygedra tot die totale omset van R15 952 850,00