Categories: Artikels, BesproeiingPublished On: 17th April 2024

Vergeet van diefstal en beurtkrag! Irrigation Unlimited het vir jou ‘n besproeiingsoplossing

By 2 min read
469 words

20170126_130453_resized_1

Verbeel jou dit: Nadat jy hard geploeg het en geplant het – graan, vrugte of selfs dekgewasse – maak jy staat op nog ‘n belegging, jou besproeiingstelsel, om goeie opkoms en groei te verseker ondanks wisselvallige reën. Maar selfs dan is al jou insette steeds blootgestel aan onbetroubare kragvoorsiening en diewe. Gelukkig hoef jy nie daaroor bekommerd te wees as jy ‘n verskuifbare besproeiingstelsel van Irrigation Unlimited het nie.

Irrigation Unlimited se Ocmis-besproeiingstelsels werk met die druk van die inkomende waterstroom en benodig slegs koppelling aan ‘n goeie waterbron. Wateraandrywing beteken dat die waterdruk vanaf die pomp in die boorgat of besproeiingsdam die sproeier oor die land stoot. Die karretjie met die sproeier word aan die een kant van die land geplaas en aan die ander kant rol die pyp op soos wat die waterdruk die afgerolde pyp inkatrol. Dit is ook hoekom dit ‘n kruipspuit genoem word, want dit kruip suutjies oor die land om seker te maak dat die hele strook deeglik besproei word.

Voordele van ‘n verskuifbare besproeiingstelsel

Daar is verskeie voordele wat ‘n boer kan verwag van die Ocmis-stelsel. Eerstens is daar die ooglopende voordeel van geen kragtoevoer na afgeleë lande nie – jy moet net verseker dat die pomp by die waterbron genoeg water deur die stelsel kan stuur.

Tweedens staan die kruipspuit op sy eie stel wiele, wat beteken dat dit agter ‘n trekker gehaak kan word en saans in ‘n veilige stoor toegesluit kan word. Dit beteken ook dat een spuit op veelvoudige landerye gebruik kan word. Sodra ‘n strook klaar besproei is teen die spoed wat jy bepaal, kan dit net op die wenakker na die volgende strook of land gesleep word.

Daar is ook geen elektriese kabels in die landerye wat diewe se skelm oë kan laat blink nie.

Die oppervlakte wat jy wil besproei maak sal die grootte van jou kruipspuit bepaal, maar met daardie som kan die slim en behulpsame mense van Irrigation Unlimited jou gou-gou help.

Daar is verskeie modelle beskikbaar wat by jou plaas se behoeftes kan pas.

Besigtig kruipspuite by NAMPO 2024

Irrigation Unlimited is bekend vir hulle goeie diens en verspreidingsnetwerk wat gehalte besproeiingstoerusting aan boere in suidelike Arika verskaf sedert 2003.

Hulle streef daarna om voortdurend gehalte produkte te verskaf wat aan boere se hoë standaarde voldoen. Daar is ‘n wye reeks verskuifbare besproeiingspuite wat by elke boer se behoeftes pas, ongeag of jy graan, groente, dekgewasse of aangeplante weiding vir jou vee wil benat.

Besoek Irrigation Unlimited by hulle NAMPO-standplaas nommer C30 van 14 tot 17 Mei om hierdie kundige span se leiding te vra om die regte masjien vir jou besproeiingsbehoeftes te vind.

Die Ocmis-kruipspuit word deur waterdruk aangedryf.

Vind uit waar jy die naaste verspreider van Irrigation Unlimited kan kry deur hulle webtuiste te besoek by https://iunlimited.co.za/ of kontak hulle by (+27)12-736-2121.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0