Vee is belangrik vir Algar

Algar – Ki Lyfklamp met gange
Algar se HD Nek-en-Lyfklamp kan ook volledig bestel word met versekervanghek voor en KI-toegangshekke met ՚n skuifhek agter. Jy kan ook kies of jy jou werkingshefbome links of regs van die klamp wil hê.
Algar Veehantering vind vreugde daarin wanneer boere gemaklik met hulle vee kan werk.
Carin Nortjé van Algar sê: “Vinnige, doeltreffende hantering van diere is waarop ons produk fokus, met klem op die veiligheid van die boer en sy diere.”
Algar neem deel aan die virtuele NAMPO 2020 met die oogmerk om hulle unieke produkontwikkeling na die veebedryf te neem. Van die items waarna veeboere kan uitsien, is Algar se verstelbare drukgange, invoerfuike, hekke, klampe en kratte; die beste wat in Suid-Afrika vervaardig word.

“Ons patente is goed deurdink en prakties, uniek ontwikkel en beproef,” sê Carin. Algar ken die behoeftes van die veeboer. Gehalte toerusting en naverkopediens moet vir die boer tyd en geld bespaar.
Kom loer gerus digitaal in by Algar Veehantering tydens NAMPO van 9 tot 12 September 2020. “Hier gaan ons julle verras met ՚n paar nuwe byvoegings op jou huidige toerusting en selfs ietsie wat jy nog nooit gesien het nie!”
Geskryf deur Carin Nortjé van Algar IND BK. Kontak haar by 082-324-6256 of algar@algar.co.za, of besoek www.algar.co.za. https://web.facebook.com/AlgarVeetoerusting

Kyk ook na Algar se toerusting op Agri4all.