Categories: EnergyPublished On: 18th July 2014

Van suiker tot saagsels: Shell sorg vir brandstof in Natal

By 4 min read
740 words
“Jy meet nie ’n maatskappy aan wat hy doen wanneer dit goed gaan nie. Dit is hoe hy probleme hanteer wat die verskil maak,” sê Steve Casey, besturende direkteur van UCL Company. Steve weet waarvan hy praat, want UCL is nie net die grootste verskaffer van landbouprodukte, soos brandstof, aan boere in die Natalse Middelande nie, die maatskappy het ook sy eie saagmeulens, wattelverwerkingsaanleg, suikermeule en ’n hele aantal plase. Die onderneming kry sy diesel van P Trimborn Agency in Pietermaritzburg. UCL het ’n vloot van 120 voertuie en tree ook op as dieselverskaffer aan ’n verdere 130 boere wat natuurlik elkeen sy eie versameling voertuie en landboumasjinerie het.
 

Steve Casey van die landboumaatskappy, UCL Company, sê Trimborn, as brandstofverskaffer, staan hulle deur dik en dun by.

Steve sê benewens die feit dat landbou seisoenaal is met wisselende behoeftes, is dit ook so dat elke boer voor elke prysverhoging sy diesel op sy plaas wil hê en dit is wanneer daar baie druk uitgeoefen word. “Trimborn het ’n manier om hierdie druk en probleme te hanteer en dit is waarom ons sedert 2008 met hulle sake doen,” sê Steve.

 
P Trimborn Agency het in 1988 ’n nederige begin gehad as depot vir vier brandstofmaatskappye. Paul Trimborn se pa het die stukkie grond bekom en as depot ingerig en sy seun ingetrek as hoofbestuurder.
 
Paul sê deel van sy pligte was om met ’n bakkie rond te ry en gas en olie af te lewer. In 1999 het die oliemaatskappye besluit om elkeen sy eie depot in die omgewing oop te maak en Trimborn het die toekoms saam met Shell aangedurf.
 
“Ons het met twee vyfduisend liter trokkies begin en van plaas tot plaas afgelewer,” vertel Paul.
 
Kay Chetty, wat ook van die beginjare af by die maatskappy betrokke was, sê hulle het letterlik dag en nag gewerk, want hulle moes ook die depot beman waar trokke met brandstof op die hoofweg tussen Durban en Johannesburg hulle Shell-diesel kon kry.

Vandag nog is die depot ’n 24-uur dienspunt en word gereeld besoek, van reuse vragmotors tot hupse nutsvoertuie wat almal die voordeel van Shell se gehalte diesel teen gunstige pryse wil hê. 

Trimborn spog nou met 14 tenkvragmotors wat die gebied vanaf die hoofkantoor in Pietermaritzburg tot in Durban, teen die noordkus tot by Ballito, teen die suidkus af tot by Port Shepstone en dan binneland toe, tot so ver as Bergville, Greytown en Ladysmith bedien. Meer as drieduisend boere se trekkers word deur Trimborn se diesel aan die gang gehou. Die maatskappy is onlangs gekeur as een van Shell SA se handjievol Topverspreiders in die land en geniet nou die voordeel van die bekende Shell-handelsmerk as stempel van gehalte.
 
Paul sê mense wil weet wat hulle kry, want daar is baie dieselverkopers wat kanse waag en verdunde produkte aanbied. Met Shell as verskaffer is daar ’n waarborg dat die diesel wat jy vandag koop dieselfde goeie gehalte produk is as die diesel wat jy gister gekoop het.
 
Daarmee saam kom ook die unieke eienskappe van ’n produk soos Shell Diesel Extra wat met sy skoonbrandtegnologie tot besparings van so veel as drie persent in brandstofverbruik kan lei en sy teenskuimtegnologie wat minder vermorsing en minder staantyd by die pomp beteken.
 

Wanneer jy so n netjies gemerkte tenkwa in Kwazulu-Natal teëkom, kan jy maar weet daar is nog n besending gehalte diesel op pad na n tevrede Trimborn-kliënt.

Nog ’n voordeel wat Trimborn as een van Shell se Topverspreiders geniet, is voorkeur by die Shell depot in Durban. Vier van Trimborn se reuse tenkvragmotors pak daagliks die pad tussen Pietermaritzburg en Durban aan om brandstof te gaan haal en aflewerings op pad te doen. Wanneer daar druk op voorraad is, kan die Trimborn-vragmotors voor in die ry val. Dit alles dra daartoe by om Trimborn se magdom kliënte tevrede te hou en met die ondersteuning van Shell is die pad na verdere groei vir Trimborn oop.

 
Londiwe Mhlongo, verteenwoordiger van Shell in Kwazulu-Natal, sê P Trimborn Agency is gekies as Topverspreider vanweë hulle bewese 20-jaar rekord in die bedryf en konstante groei.
 
“Hulle naam is wyd bekend in die provinsie vanweë hulle uitstekende dienslewering en goeie produkte, en ons gaan saam met hulle die volgende groeifase betree, wat insluit die verspreiding van Shell se reeks smeermiddels.”
 
Vind uit wie jou plaaslike Shellverspreider is deur Réomè van der Westhuizen by 082-463-4344 te skakel of stuur n e-pos na r.vanderwesthuizen@shell.com.

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0