Categories: Artikels, MeganisasiePublished On: 5th June 2024

Valtrac: Van boer tot boer

By 3 min read
479 words

DSC_0580

Wynn Dedwith het Valtrac 28 jaar gelede gestig en vandag erken en respekteer boere die maatskappy steeds as ՚n voorloper vir puik werktuie en legendariese diens.

Daar is baie krag in hierdie woorde wanneer Wynn Dedwith, stigter van Valtrac, dit sê. Wynn is ’n legende in die bedryf, met Valtrac wat al ’n volle 28 jaar gelede gestig is en steeds uitblink as een van die top voorste staatmakers in landbou. Dit is duidelik dat Wynn opgewonde is om weer by NAMPO 2024 Valtrac se hele reeks ten toon te stel.

“Dit is lekker hier by NAMPO 2024. Die son skyn, lekker weer, nie so koud soos altyd nie.”

Valtrac het hulle hele reeks trekkers en hulle volledige reeks toerusting uitgestal, van bonestropers, strooiers en spuite tot grondboneuithalers. Die onderneming het oorspronklik begin met net die Valtra-trekkers, en eers daarna het Wynn dit begin uitbrei na werktuie soos planters.

“Van daar af het die saak gegroei tot wat ons vandag het, waar ons amper vier standplase op NAMPO volmaak. Ons is seker een van die standplase met die grootste verskeidenheid toerusting. Ons gaan van grondbonestropers, boneuithalers, spuite, kunsmisstrooiers, kalkstrooiers, misstrooiers, planters, voermaaktoerusting … en die lys gaan aan en aan.” As daar iets is wat jy nodig het, het Valtrac waarskynlik lankal reeds daaraan gedink!

Wynn vertel ook dat hulle die wêreld se beste hooitoerusting het. Hulle Pöttinger-snymasjiene het geen bekendstelling nodig nie! ՚n Mens kan duidelik sien Wynn het ’n hart vir dit wat hy doen. Wanneer ՚n mens hom vra wat sy gunsteling Valtractoerusting is, sukkel hy om te antwoord.

Valtra-trekkers was die begin van Valtrac en is steeds die trots van die maatskappy.

“Dit is baie, baie moeilik om te sê. Ek het ’n baie sagte hart vir die Valtra-reeks trekkers. Dit is van die beste trekkers in die wêreld. Dit is ook al in Suid-Afrika bewys, ons het baie trekkers met 30 000 uur op die klok sonder dat hulle enjins ooit oorgedoen is.”

Hy spog ook met hulle 5 000-uur-/ 5-jaarwaarborg op hulle enjins. As die eerste maatskappy in Suid-Afrika wat dit gebied het, is hulle ook leiers op dié gebied.

“Ek het volle vertroue in hierdie trekkers.” Al Valtrac se toerusting word in SuidAfrika getoets en word ten volle gerugsteun. In hulle onderdelepakhuis is oor die R80-miljoen se onderdele!

Vandag bied Valtrac ’n wye reeks doeltreffende toerusting en werktuie aan die boer.

“Maak nie saak watter toerusting ՚n mens het nie, as jy nie diens en rugsteun het nie, beteken dit niks. Ons glo daaraan om altyd blitsig onderdele te verskaf sodat die boer se werk nooit hoef te staan nie.” Valtrac se diens stop nie by die trekkers en toerusting nie, hulle belê ook in mense met hulle vakleerlingprogram.

“Dit is belangrik dat die mense wat saam met jou werk die regte kultuur, die Valtrac-wéés, uitleef. Diens is alles.”

Valtrac is beskikbaar op al die sosialemediablaaie. Besoek ook hulle webblad by www.valtrac.co.za. Skakel hulle by 0861-VALTRA. Hulle het takke landwyd en lewer diens selfs tot in Nambië.

0
Tags:

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0