Categories: Artikels, WielePublished On: 30th May 2025

Uitgeknip vir jóú plaas: By Etec is alles beter want dit is elektries

By 3 min read
504 words

20250515_093216

Etec se Apex vierwielvoertuig bevat nuwe regeneratiewe tegnologie.

Soms wil jy nie op ‘n koue wintersoggend wag vir jou dieselenjin om warm te word nie of jy moet vining tussen lande beweeg en diesel en brandstofpryse is maar hoog. Dit is waar jy iets vinnig en elektries nodig het, en niemand weet meer van vinnige elektriese voertuie as Etec nie.

Etec is reeds ses jaar die vervaardigers van verskeie elektriese vierwiel- en driewielvoertuie. Etec se voertuie kan nie net gebruik word om op die plaas rond te beweeg nie, maar kan jou ook help om vinnig materiaal of toerusting te vervoer en selfs sakke saad aan te ry in die planttyd.

Bernard Coetser, direkteur van Etec, verduidelik dat hulle baie van hulle produkte invoer en dan aanpas sodat dit geskik is vir Suid Afrikaanse toestande.

“Ons noem dit Afrikanisering want Afrika is uniek met unieke toestande. Dit is wat Etec ook uniek maak; ons verander die onderstel, wat ons voertuie ’n trappie bo die res van die mark plaas,” verduidelik hy.

Die Etec Bike Bakkie

Etec se topverkoper – die Bike Bakkie.

Hulle topverkoper is die Etec Bike Bakkie en daar is reeds 1 500 van hierdie eenhede in Suid-Afrika verkoop oor die afgelope ses jaar. Hierdie is ‘n driewielvoertuig en Bernard verduidelik dat ‘n mens nie die driewiel moet onderskat nie.

“Hy is ‘n kanniedood, ‘n werksdonkie wat hóú,” sê hy.

Die Bike Bakkie kan ‘n vrag van 350 kg vervoer en die kante van die bak kan afslaan indien jy groot toerusting wil vervoer. Met ‘n motor van 1 500 W en ‘n topspoed van 45 kmu is hierdie voertuig beslis een vir jou stal.

Die Etec Apex

Bernard Coetser by die nuut-ontwikkelde Etec Apex vierwielvoertuig.

Etec se Apex het ‘n jaar gevat om te ontwikkel. Die is ‘n vierwielvoertuig en Bernard vertel dat die voertuig gemaak is vir die manne wat op wilde terein wil ry. Die Apex is ontwerp met ‘n onafhanklike veerstelsel om maklik oor middelmanne te kan gaan.

Hierdie model is ook toegepas met nuwe regeneratiewe tegnologie. krag terug in die battery Sit wanneer jy teen afdraendes af ry.

Die Apex het ‘n laaivermoëvan 450 Kg en ‘n 3 000 W motor gelykstaande aan ‘n 350 cc motorfiets se enjin.

Etec se elektriese aandrywing bestaan uit net drie komponente, die beheerder, die batterypak en die motor, dus is onderhoud en herstel uiters maklik.

Etec se standplaas by NAMPO 2025.

Nog van Etec se produkte

  • Die Etec Quad Bakkie Extreme het ‘n 2 000 w motor en ‘n maksimum spoed van 45 km. Die voertuig het ‘n laaikapasiteit van 400 kg en ‘n grondvryhoogte van 200 mm.
  • Die Etec Blitz Cruiser het ‘n 3 000 W motor en ‘n laaikapsiteit van 400 kg met ‘n maksimum spoed van 35 km en ‘n grondvryhoogte van 170 mm.
  • Die Etec Blitz Shuttle het ‘n 1 800 W motor en ‘n laaikapsiteit van 350 kg met ‘n maksimum spoed van 30 km en ‘n grondvryhoogte van 200 mm.

Etec-byvoegings

Alle Etec voertuie kan pasgemaak word vir jou en jou behoeftes met byvoegings soos litium-ioon batterye of ‘n sonpaneel op die dak.

Gaan kyk gerus op hulle webstuiste, www.etec.co.za, na hulle verskeidenheid elektriese voertuie.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0