Tuli Genootskap vier ‘n kwarteeu

tuli reg
In 1976 kom die eerste klein groepie Tuli beeste in Suid-Afrika aan, vanaf Zimbabwe.
Die eerste informele klub word in 1987 gestig met wyle Jan Mouton van Vrede as President.
Gedurende 1995 kry die Tuli amptelike erkenning van SA Stamboek as ‘n ontwikkelende ras.
25 laar later, op Vrydag 1 Mei, vier die Genootskap sy 25ste bestaansjaar.
Die ras ervaar die afgelope vyf jaar ongekende groei, hoofsaaklik as gevolg van die feit dat hy homself in die omstandighede bewys as ‘n winsgewende veldbees. Die huidige President is Ben Raath van Britstown met Charl van Rooyen as ras adviseur.
Lees meer by www.tulicattle.co.za.
Bron: Tuli Beestelersgenootskap van SA