Trekkerverkope styg met 23%

DSC_0169
Trekkerverkope van 638 eenhede in Februarie is omtrent 21% meer as die 527 eenhede wat verlede Februarie verkoop is. Vir die jaar tot dusver is trekkerverkope nou omtrent 23% meer as verkope verlede jaar. Negentien stropers is in Februarie verkoop, een meer as die 18 eenhede wat verlede Februarie verkoop is. Vir die jaar tot dusver is stroperverkope nou byna 8% minder as stroperverkope verlede jaar.
Hoewel die begin van die somergewasseisoen uitdagend was ten opsigte van geskikte reën vir die aanplant van gewasse, het meer algemene en wydverspreide reën sedert die middel van Desember geval. Dit word weerspieël in die vooruitsigte van somergewasse vir die 2025-seisoen, soos uitgereik deur die Oesskattingskomitee in laat Februarie.
Ramings vir alle gewasse, buiten geelmielies, is aansienlik meer as die ramings vir die vorige seisoen. Sentiment in die bedryf is nou meer positief en word weerspieël in die huidige vlakke van beter trekkerverkope.
Volgens huidige ramings sal trekkerverkope soortgelyk, of marginaal minder, wees as die 6 463 eenhede wat verlede jaar verkoop is. Stroperverkope van tussen 180 en 190 eenhede word verwag in 2025.
Bron: SA Landboumasjinerie-assossiasie