Trekker en stroperverkope daal in 2024

b15449a6-1e64-4562-a100-08c7b2aeed11
Trekkerverkope van 444 eenhede is ongeveer 16% minder as die 530 eenhede wat verlede Desember verkoop is. Algehele trekkerverkope vir die 2024-kalenderjaar is ongeveer 23% minder as verkope vir die vorige jaar. Ses stropers is in Desember verkoop, 26 minder as die 32 eenhede wat die vorige Desember verkoop is. Algehele stroperverkope in die 2024-kalenderjaar is ongeveer 60% minder as verkope die vorige jaar.
Die La Niña-verskynsel is gelukkig terug en meer wydverspreide reën het in die meeste somergewasgebiede geval. Nietemin, is die meeste somergewasse op ’n kritieke punt van ontwikkeling en meer reën is nodig, minstens tot die einde van Februarie, om groei van die gewasse vol te hou. Boere sal gevolglik steeds omsigtig wees met besluite om nuwe landboumasjinerie aan te koop.
Die voorspelde daling in verkope van landboumasjinerie, tot ‘normale’ vlakke, is nou ’n werklikheid en trekkerverkope van ongeveer 6 200 is waarskynlik vir die 2025-kalenderjaar.
Dit is marginaal minder as die 6 465 eenhede wat in 2024 verkoop is. Stroperverkope sal na verwagting tussen 200 en 220 eenhede wees in 2025.
Bron: Suid-Afrikaanse Landboumasjinerieassosiasie