Categories: VeilingsPublished On: 17th September 2026

Topbulle uitgesoek vir Vlakte Bonsmara se 17de bulveiling

By 2 min read
345 words

WhatsApp Image 2026-09-17 at 20.50.59

Kry jou veldskoene gereed en kom kuier saam! Die Vlakte Bonsmara Studiegroep nooi alle kopers en belangstellendes uit na hul 17de bulveiling wat op 16 Oktober plaasvind op die plaas Doornpan, Roedtan, Limpopo.

Wat in 2007 op die Springbokvlakte in Limpopo as ’n droom begin het, het oor baie jare heen gegroei tot ’n uitmuntende span van 20 toegewyde boere wat vandag oor die 2 000 produserende koeie bestuur.

Vir hierdie groep gaan dit oor baie meer as net beeste teel, dit gaan oor dankbaarheid, eerlike besigheid en wedersydse ondersteun. Hulle streef elke dag daarna om net die heel beste genetiese materiaal te bied, terwyl hulle ook met liefde ’n hand uitsteek na opkomende boere om hulle te help bou aan hul eie sukses.

As jy in die sentrale, noordelike of westelike Bosveld boer, weet jy hoe taai die wêreld kan wees. Die Vlakte Bonsmara-span het ’n behoorlike begrip van daardie uitdagings. Daarom bring hulle net diere na die veiling wat werklik in hierdie omgewing kan presteer. Elke dier word vooraf streng deur senior keurders deurgekyk sodat kopers weet wat hulle kry.

Die groep belê voortdurend in bulle van bekende toptelers regoor Suid Afrika.

Boonop kan kopers gerus wees oor gesondheid en vrugbaarheid, want die diere volg ’n deeglike inentingsprogram, die verse kalf vroeg, en geen koei ouer as 10 jaar word aangebied nie.

Hulle gebruik ook net geregistreerde bulle om inteling te verhoed en jou kudde sterk en uiteenlopend te hou.

Of jy nou ’n stoetteler is of op soek is na goeie kommersiële diere wat jou kudde se waarde sommer gou ’n hupstoot gaan gee, hier is vanjaar se aanbod:

  • 65 Bulle
  • 350 Stoet- en kommersiële vroulike diere in alle produksiestadiums

Maak gerus ’n draai en belê in diere wat vir jou gaan werk. Indien jy vooraf meer wil uitvind, gee gerus vir Hendrik van der Walt (083-628-9301), HP van der Walt (081-011-2049) of die afslaer, Mike Killassy (082-378-8112), ’n luitjie. Hulle sien uit om jou daar te verwelkom!

Hier is so paar van die top bulle beskikbaar op die dag:

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0