Te nat óf te droog – Syngenta is aan jou kant

syng
Suid-Afrika is tans in die middel van ‘n bo-gemiddelde somerreënvalseisoen. Dit is ‘n welkome verwikkeling, veral in dele van die Oos-Kaap wat vir jare aan droogte uitgelewer was. Terwyl goeie reën gewoonlik goeie nuus vir graanprodusente is, is die spreekwoordelike “te veel van ‘n goeie ding” ongelukkig ter sprake wanneer gewasse op die lande versuip.
Teen hierdie agtergrond bied die veranderinge wat onlangs aan Syngenta se AgriClime finansiële oplossing aangebring is, broodnodige uitkoms aan produsente.
Syngenta, ‘n spesialis in gewasbeskerming, het etlike jare gelede die AgriClime oplossing ontwikkel om produsente ‘n buffer teen die impak van droogtes te bied. In die 2020-seisoen het milde reën egter tot versuiptoestande gelei wat veral droëboon-opbrengste, maar in sommige gevalle ook mielies, ‘n erge knou gegee. Dit het Syngenta genoop om produsente ook beskerming teen te veel reën te bied.
Die maatskappy het dus die AgriClime-model aangepas sodat produsente ook in jare met swaar reënval ondersteun kan word.
AgriClime maak dit moontlik vir produsente om ‘n gedeelte van hul Syngenta aankope in kontant terug te kry aan die einde van ‘n te lae óf te hoë reënvalseisoen. AgriClime is nie oesversekering nie, maar ‘n finansiële oplossing waardeur die maatskappy die risiko van opbrengsverliese wat deur óf droogte óf te veel reën veroorsaak word, saam met die produsent dra.
AgriClime gee produsente die gemoedsrus om in ‘n beter oes te belê met Syngenta produkte, wetende dat hulle op Syngenta se ondersteuning kan staatmaak wanneer dit óf te droog óf te nat is. In ‘n Gouelokkiesjaar – wanneer reënval so na aan perfek as moontlik is – sal die produsent optimale tonne kan stroop danksy Syngenta se kwaliteit produkte. In ‘n droë en/of uitermate nat jaar, bied Syngenta ondersteuning in die vorm van ‘n kontantterugbetaling gebaseer op produsente se Syngenta aankope. Syngenta produsente bly dus aan die wenkant, ongeag wat die weer maak.
Aangesien AgriClime ‘n ondersteuningsmeganisme vir Syngenta kliënte is, is dit nie aan alle produsente beskikbaar nie. Om deel te neem, is egter so maklik as om ‘n Syngenta kliënt te word en deelnemende lande op die Syngenta sisteem te registreer.
AgriClime is gegrond op spesifieke koördinaatpunte op die produsent se land wat die stelsel dan na ’n kwadrant van 5 km x 5 km verwerk. Die kwadrant se gemiddelde reënval oor 20 jaar word oor ’n gegewe jaarlikse periode (die risikotydperk) wat die produsent vooraf gekies het, bepaal, byvoorbeeld 1 Augustus tot 15 September.
Die produsent kies ook om teen te min óf te veel reën, óf beide, verskans te word, en die stelsel bereken dan die produsent se unieke uitbetalingskriteria, byvoorbeeld R1 400 vir elke 1 mm bo die reënval uitbetalingspunt.
Die gemiddelde reënval word dan vergelyk met satellietdata van die werklike reënval vir die kwadrant in daardie tydperk. Indien die reënval beduidend minder óf meer as die produsent se uitbetalingskriteria is, is ’n persentasie-uitbetaling ter sake. Afhangend van die omstandighede, kan produsente tot soveel as 27% van die aankoopwaarde van hul gewasbeskermingsinsette herwin indien droogte of versuiptoestande, of beide, hul opbrengs benadeel.
Die denke wat tot AgriClime gelei het, is eenvoudig. Syngenta wil hê dat produsente te alle tye met vertroue in Syngenta-produkte kan belê omdat hulle weet dat die maatskappy saam met hulle staan wanneer die reën skade aanrig. Finansiële oplossings wat produsente in staat stel om maksimum opbrengs en gewaskwaliteit te behaal, help verder om die doelwit van voedselsekuriteit te bereik.
Produsente wat belangstel om aan AgriClime deel te neem, kan die volledige besonderhede by hul naaste Syngenta agent bekom. Bepalings en voorwaardes geld.
Bron: Syngenta