Winsgewende skaapboerdery
Winsgewende skaapboerdery deel 14: Kritieke voedingbestuursriglyne in die eerste 90 dae van dragtigheid
Die dragtigheidtydperk van ooie is vir elke skaapboer die belangrikste tydperk van die jaar. Die voedingspeil en bestuurspeil gedurende hierdie periode beïnvloed die winsgewendheid van die onderneming regstreeks. Om die belangrikheid daarvan te beklemtoon kan hier net kortliks genoem word watter funksies die ooi in hierdie tyd vervul: •[...]
Winsgewende skaapboerdery deel 13: Só benadeel voorgeboortelike verliese jou skaapboerdery
Die lae lampersentasie (lammers gebore/ooie gepaar) van ooie in Suid-Afrika is kommerwekkend, want dit het ՚n regstreekse invloed op die inkomste uit skaapboerdery omdat die beskikbaarheid van surplusdiere vir verkoop daardeur beperk word. Dit plaas ook ՚n geweldige demper op die genetiese verbetering van ՚n ooikudde omdat dit streng[...]
Winsgewende skaapboerdery Deel 12: Doeltreffende paringstelsels verseker hoë lampersentasie
Die moderne skaapboer kan te midde van stygende insetkoste en wisselvallige produkpryse nie bekostig om sy ramme elke jaar op ՚n sekere datum by sy ooie te plaas en te hoop alles werk saam om ՚n hoë lampersentasie te verseker nie. Deeglike voorafbeplanning, die toepassing van die nuutste wetenskaplike[...]
Winsgewende skaapboerdery Deel 11: Benut die koggelrameffek tot voordeel
Ooie word dikwels gedurende die lente en vroeë somermaande gepaar, voor die natuurlike teelseisoen (Januarie tot Julie) ՚n aanvang neem. Dit het ten doel om te verseker dat daar voldoende groen weiding is wanneer die ooie lam. Sowel koggelramme as prikkelvoeding kan gebruik word om ooie gedurende die nie-seisoenale[...]
Winsgewende skaapboerdery deel 10: Die prikkelvoedingdeurbraak
Prikkelvoeding het ten doel om die meerlinggeboortes (fekunditeit) eerder as die besetting van ՚n ooikudde te verhoog. Die aantal eiselle wat ՚n ooi per hittesiklus afskei (ovulasietempo), bepaal die boonste grens van die ooi se fekunditeit en dit word geneties beheer. Die mate waarin ՚n ooi haar genetiese reproduksiepotensiaal[...]