Sitrus
Suid-Afrika verdubbel sitrusuitvoere na die Ooste
Suid-Afrikaanse sitrusboere het vanjaar met die meeste van hulle markte gesukkel, veral met die EU, met die swartvlekkwessie wat soos ‘n swaard oor hulle koppe hang. Mnr Justin Chadwick van Suid-Afrika se Sitruskwekersvereniging, het verduidelik dat "ons maatreëls moes toepas wat sitrusuitvoere na die EU moeiliker en duurder maak en die uitvoerders het reeds oorweeg om alternatiewe roetes te volg".
Swartvlek in sitrus: Die oorlog woed voort
So lyk ’n Valencia-lemoen wat deur die sitrus-swartvlekswam aangeval word. (Foto verskaf deur dr Tian Schutte van Citrus Research International)