Categories: NewsPublished On: 4th December 2014

Suid-Afrika verdubbel sitrusuitvoere na die Ooste

By 2 min read

Suid-Afrikaanse sitrusboere het vanjaar met die meeste van hulle markte gesukkel, veral met die EU, met die swartvlekkwessie wat soos ‘n swaard oor hulle koppe hang. Mnr Justin Chadwick van Suid-Afrika se Sitruskwekersvereniging, het verduidelik dat “ons maatreëls moes toepas wat sitrusuitvoere na die EU moeiliker en duurder maak en die uitvoerders het reeds oorweeg om alternatiewe roetes te volg”.

“Gelukkig het ons markte in die Ooste begin groei met volumes wat vanjaar byna verdubbel het. Dit sluit Sjina in, wat streng vereistes het, maar waarheen ons baie lemoene en ander sitrusvrugte kan stuur. Sommige soorte sitrus en suurlemoene is egter sensitief vir kouebehandeling wat ons keuses beperk.” Hy bevestig dat “daar ‘n tekort in die aanbod van suurlemoene regoor die wêreld blyk te wees en vanuit Sjina is daar ‘n groot aanvraag, so ons het oor die algemeen ‘n wonderlike jaar gehad. Ons kon waarskynlik ons suurlemoenoes twee keer verkoop het”.

Die ander kant van die munt is dat pomelo steeds teleurstel. Mnr Chadwick is van mening dat verbruikers tans nie ten gunste van daardie soort vrugte is nie. Die enigste uitsondering is Suid-Korea, waar ons uitvoere aansienlik toegeneem het – van 60 000 kartonne verlede jaar tot 400 000 vanjaar. “

Suid-Afrika vanjaar ‘n rekord-lemoenoes bereik met 15,2-miljoen, kartonne van 15 kgelk. Die marktoestande is egter baie moeilik, eerstens in die EU, maar ook die VSA wat ‘n groot oes behaal het.

Mnr Chadwick sê: ” Die grootste probleem is dat ons 45-miljoen kartonne per jaar na die EU verskeep en daar is geen ander mark wat hierdie volume kan hanteer nie; die EU vereis ook baie spesifieke groottes en gehalte, wat die oostelike markte nie wil hê nie, so om alternatiewe markte te vind is nie maklik nie.”

Hy sê dat die uitvoersyfers na die EU ‘n paar weke gelede 14 % laer was, en produksie in sy mededingerslande in die Suidelike Halfrond, soos Australië en Suid-Amerika, is ook aan die toeneem. “Mededinging in die Amerikaanse mark, byvoorbeeld, wat op gehalte en diens gegrond is, is groot, maar dit bied ook geleenthede vir ons almal om uit te brei.”

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment