Meganisasie
Drie dekades se kennis spoor Valtrac steeds aan
Op Valtrac se NAMPO Kaap-standplaas vanjaar was ’n ou bekende rooi trekker, ’n Valmet 15. Die trekker, wat jare laas in die Kaap gesien is, is afgestof en uit sy stoorplek gestoot om een rede: 2026 is Valtrac se 30ste bestaansjaar. Sowat 30 jaar gelede het Wynn Dedwith begin[...]