grappe
Dom Boer se lag vir die dag:
Regtig gevaarlike kapers Is die storie waar wat hulle my vertel van die bende wat ‘n vliegtuig vol politici gekaap het? Hulle dreig glo om elke uur een vry te laat totdat daar aan hulle eise gehoor gegee word.
Dom Boer se lag vir die dag:
Redelike vraag Ek hoor die slim ouens sê iemand wat maklik koud kry is KOULIK. Is iemand wat maklik oud word (soos ek) dan OULIK?
Dom Boer se lag vir die dag:
Vandag se aflewering van Dom Boer se lag vir die dag is effens skuinserig, daarom word dit maar liewer teruggehou. Daar mag dalk net mense wees wat aanstoot neem.
Dom Boer se lag vir die dag:
Eureka! Gawie: “Onthou jy die goue sakhorlosie wat ek so twee jaar gelede verloor het?” Dawie: “Ja, ek onthou nog goed hoe jy oral daarna gesoek het.” Gawie: “Wel, gister trek ek ‘n ou baadjie aan wat ek baie lank nie gedra het nie en raai net wat kry[...]
Dom Boer se lag vir die dag:
Dit is ‘n feit! Die eerlike motorverkoopsman wys na ‘n tweedehandse motor van ‘n sekere fabrikaat en sê aan die moontlike koper: “Hierdie een het baie min kilometer op – die vorige eienaar het net met hom gery wanneer hy die enjin aan die loop kon kry.”