grappe
Dom Boer se lag vir die dag:
Dalk effens oorhaastig? Die geldgierige winkelbestuurder hoor hoe een van sy klerke vir ‘n klant sê: “Nee Mevrou, ons het baie lanklaas gehad en as ek dinge so bekyk dink ek nie ons sal gou kry nie.” Die winkelbestuurder storm nader en sê aan die klant: “Ek kan u[...]
Dom Boer se lag vir die dag:
Heinie se eerste vlug Heinie (verwonderd): “Kyk net die mense daar onder – hulle lyk soos miere!” Hennie: “Dit ís miere. Ons het nog nie opgestyg nie.”
Dom Boer se lag van die dag:
Erger as die galg Is die storie waar wat hulle my vertel dat die Departement van Korrektiewe Dienste nou al Haas Wankeleier se musiekpierings opkoop? Hulle wil dit glo vir die gevangenes speel as deel van hulle straf.
Dom Boer se lag vir die dag:
Kan nogal wees Is die storie waar wat hulle my vertel dat ou Dronk Daaf se Maandagoggend-antibabelaasresep begin met die woorde: “Neem die sap van twee bottels brandewyn...”?
Dom Boer se lag vir die dag:
Stremmende werk Is die storie waar wat hulle my vertel dat die beweerde sanger, Haas Wankelkop, sy huis laat verf het en hy gee toe vir elkeen van die verwers ‘n gratis kaartjie vir sy konsert? En toe hulle rekening vir die verfwerk kom, eis elkeen van hulle R900[...]