grappe
Dom Boer se lag vir die dag:
Skitterende oplossing! Slim Sarel het uiteindelik die gesukkel om parkeerplek te vind oorkom – hy het ‘n motor gekoop wat reeds geparkeer is.
Dom Boer se lag vir die dag:
In die kol Lenie Langneus: “My dogter sê ek is nuuskierig en bemoeisiek en ek respekteer nie haar privaatheid nie.” Vriendin: “Het sy dit reguit in jou gesig gesê?” Lenie Langneus: “Nee, ek lees dit in haar dagboek.”
Dom Boer se lag vir die dag:
Gevaarlike ding Ek is baie bly dat e-pos nou die faksmasjien vervang het. Ek onthou nog daardie dag toe my das in die faksmasjien beland het en die volgende oomblik was ek in Kaapstad.
Dom Boer se lag vir die dag:
Heeltemal moontlik Gas in Spug: "Kelner, daar is 'n wurm in my slaai. Ek kan dit nie eet nie." Kelner: "Hoekom nie? Is jy 'n vegetariër?"
Dom Boer se lag vir die dag:
Hulle sê: Ons gewone mense se spreekwoord lui: “Hoogmoed kom tot ‘n val”; Prokureurs se spreekwoord lui: “’n Eis om skadevergoeding kom na ‘n val.”