grappe
Dom Boer se lag vir die dag:
Nonsensie Wat is geel, vlieg teen ‘n paal vas, slaan morsdood neer, maar staan later op en vlieg verder? – ‘n Reïnkanarie
Dom Boer se lag vir die dag:
Boerseun Daar is ‘n broodjie in die oond en Pappa wil die nuus op ‘n mooi manier aan Gawietjie oordra. Pappa: “Wat wil jy eerder hê – ‘n klein boetietjie of ‘n klein sussietjie?” Gawietjie: “As dit nie te veel kos nie, wil ek liewer ‘n hond hê.”
Dom Boer se lag vir die dag:
Heeltemal onmoontlik Daar loop so flusses twee hoenderhenne voor my kantoordeur verby en duidelik sê die een hoenderhen vir die ander een: “Dit is darem vrek warm vandag.” Die ander een antwoord: “Hou jou bek, man – hoenders kan nie praat nie.”
Dom Boer se lag vir die dag:
‘n Kwessie van smaak Gas in Spug: “Kelner, hier is ‘n vlieg in my kos.” Kelner: “Vlieë is maar so, Meneer – hulle gee glad nie om watse gemors hulle vreet nie.”
Dom Boer se lag vir die dag:
Welkom in die stad Dominee Kol Lekteer het al die jare op die platteland gewoon. As hy met sy stasiewa gaan huisbesoek doen, het hy ou Jonas saamgeneem om al die plaashekke oop te maak. As hulle na so ‘n string huisbesoeke terugry dorp toe vra dominee Kol Lekteer:[...]