Categories: JokesPublished On: 13th December 2017

Dom Boer se lag vir die dag:

By 1 min read
205 words

SKAPIE X

Welkom in die stad

Dominee Kol Lekteer het al die jare op die platteland gewoon. As hy met sy stasiewa gaan huisbesoek doen, het hy ou Jonas saamgeneem om al die plaashekke oop te maak.

As hulle na so ‘n string huisbesoeke terugry dorp toe vra dominee Kol Lekteer: “En toe ou Jonas – wat het ons?”

Ou Jonas kyk dan agter in die stasiewa en antwoord: “Die skaapboud hy ês, die pampoen hy ês, die groenmielies hy ês, die lamoene hy ês, die biltong hy ês…”

Later besluit dominee Kol Lekteer daar is meer en ryker mense in die stad en hulle woon nader aan mekaar sodat meer by so ‘n rondte huisbesoeke besoek kan word en hy aanvaar ‘n beroep na die stad. Ou Jonas gaan natuurlik saam, al is daar nie in die stad hekke om oopgemaak te word nie.

Na die eerste dag se huisbesoeke ry dominee Kol Lekteer en ou Jonas terug pastorie toe.

Dominee Kol Lekteer: “En toe ou Jonas – wat het ons?”

Ou Jonas: “Die skaapboud hy ês nie, die pampoen hy ês nie, die groenmielies hy ês nie, die lamoene hy ês nie, die biltong hy ês nie, die spaarwiel hy ês nie, die djek hy ês nie…”

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0