Agrilag
Dom Boer se lag vir die dag:
Wees tog prakties Die winter is amper verby en die jongmanne daar agter die Goue Poorte raak kriewelrig omdat hulle die hele seisoen nog nie rugby gespeel het nie. Hulle stuur ‘n woordvoerder na Petrus: “Kan ons nie maar ‘n rugbyspan vorm en ‘n wedstryd speel nie?” Petrus: “Ja,[...]
Dom Boer se lag vir die dag:
Nonsensie Is die storie waar wat hulle my vertel dat as jy ‘n grap en ‘n motorfiets kruis, kry jy ‘n Yamahahahahaha?
Dom Boer se lag vir die dag:
Kry tog perspektief Die verkeerskonstabel keer Hennie voor vir spoed. Dawie: “Verskoon my Konstabel, maar kan ons asseblief duidelikheid oor een ding kry?: Ons woon op ‘n planeet wat, gemeet by die ewenaar, met ‘n snelheid van 1 670 kilometer per uur om sy eie as draai. Boonop wentel[...]
Dom Boer se lag vir die dag:
Altyd die prooi Dom Boer sê sy swak prestasie op skool is deur die onderwysers se gemene halsstarrigheid veroorsaak. Hy sê hy het altyd al die regte antwoorde geken, maar die onderwysers het aangehou om die verkeerde vrae te vra.
Dom Boer se lag vir die dag:
Die onverdunde waarheid Lywige Lettie staan op die skaal en huil oor haar gewig. Haar man probeer haar troos: “Ag toe maar, Skattie, dit is seker maar net iets wat jy geëet het.”