Categories: GrappePublished On: 8th August 2018

Dom Boer se lag vir die dag:

By 1 min read
122 words

agrilag_2

Wees tog prakties

Die winter is amper verby en die jongmanne daar agter die Goue Poorte raak kriewelrig omdat hulle die hele seisoen nog nie rugby gespeel het nie.

Hulle stuur ‘n woordvoerder na Petrus: “Kan ons nie maar ‘n rugbyspan vorm en ‘n wedstryd speel nie?”

Petrus: “Ja, maar teen wie sal julle nou eintlik kan speel?”

Woordvoerder: “Wat van ‘n wedstryd teen die warmplek?”

Petrus bel die warmplek: “Wil julle ‘n rugbywedstryd teen ons speel?”

Pylstert: “Julle het mos nie ‘n kat se kans om teen ons te wen nie.”

Petrus: “Ek dink ons staan ‘n baie goeie kans om te wen – onthou, al die merietespelers is hier by ons.”

Pylstert: “En waar dink jy is al die skeidsregters?”

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0
Categories: JokesPublished On: 4th April 2016

Dom Boer se lag vir die dag:

By 0 min read
86 words

agrilag_2

Sherlock Holmes?

Opgewonde storm die tikster die kantoor binne om met haar verloofring te spog.

Een van haar medetiksters sê: “Die persoon wat die ring aan jou gegee het is omtrent ses voet lank, hy het kort, swart hare, groen oë, ‘n klein snorretjie en ‘n tatoeëermark in die vorm van ‘n swaard op sy linkerbo-arm.”

Tikster: “Bluksers! Is jy heldersiende? Hoe kan jy dit alles net van die ring aflei?”

Medetikster: “Maklik. Dit is die ring wat ek verlede maand vir hom teruggegee het.”

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0
Go to Top