Agri-Expo livestock
Uitstalbedryf bekroon ‘Livestock’ en ‘Die Groot Plaasproe’
‘n Landbou-uitstalling het vir die tweede jaar in ‘n ry van die beste kommersiële uitstallings in Afrika uitgestof tydens die uitstalbedryf se jaarlikse toekenningsgeleentheid. Die landbou-ekspo-plaaservaring-kombinasie ‘Agri-Expo Livestock’ en ‘Die Groot Plaasproe’ is op Donderdag 31 Januarie 2019 met een van die bedryf se prestige-toekennings, naamlik die ROAR-toekenning as[...]
Agri-Expo Livestock en die Groot Plaasproe bars uit sy nate
Die vyfde jaarlikse Agri-Expo Livestock-tentoonstelling en die Groot Plaasproe-fees, wat van 11 tot 13 Oktober 2018 gelyklopend op Sandringham buite Stellenbosch aangebied is, het vanjaar byna 16 000 boere en kosliefhebbers gelok. Besoekers kon meer as 150 uitstallings besoek, 300 plaasdiere ontmoet en boonop topdiere van verskeie rasse sien meeding[...]
Beste Handel- en Verbruikersuitstalling in Afrika ‘n móét vir boere én publiek
Agri-Expo Livestock en die Groot Plaasproe, wat in Januarie vanjaar met die gesogte ROAR-uitstalbedryftoekenning as Beste Handel- en Verbruikersuitstalling in Afrika vereer is, is hierdie week van Donderdag 11 tot Saterdag 13 Oktober terug op Sandringham buite Stellenbosch. Dié eerbewys, in die kategorie vir uitstallings groter as 12 000[...]
Kundiges gee raad oor vleisbeesboerdery by Agri-Expo Livestock
Veeboere en ander belangstellendes kan gratis na kenners kom luister wat by die jaarlikse Vleisbees-inligtingsdag op Vrydag 12 Oktober 2018 tydens Agri-Expo Livestock op Sandringham buite Stellenbosch sal gesels oor hoe om vleisbeesboerdery suksesvol aan te pak. Volgens Breyton Milford, operasionele bestuurder van Agri-Expo, is die inligtingsdag een van[...]
Suid-Afrikaanse Werkende Skaaphondveiling by Agri-Expo Livestock
‘n Veiling van werkende skaaphonde is verlede jaar vir die eerste keer in meer as 30 jaar in Suid-Afrika gehou. Dié jaarlikse SA Skaaphondveiling word vanjaar weer op Vrydag 12 Oktober 2018 tydens die driedagse Agri-Expo Livestock op Sandringham buite Stellenbosch aangebied. Volgens die bekende skaaphondafrigter WA Hugo van[...]