Categories: NuusPublished On: 2nd March 2023

Suiwelprodusente kan nou inskryf vir die 190’ste SA Suiwelkampioenskappe

By 2 min read
314 words

suiwel

Alle suiwelprodusente word genooi om in te skryf vir die 2023 Suid-Afrikaanse Suiwelkampioenskappe, die grootste, mees gesogte en oudste suiwelgebeurtenis in die land, wat vanjaar sy 190ste bestaansjaar vier.

Volgens Breyton Milford, Hoofbestuurder van Agri-Expo, is die doel van die jaarlikse kampioenskappe om uitnemendheid in die Suid-Afrikaanse suiwelbedryf te erken en te bevorder. “Agri-Expo is trots op hierdie mylpaal en sien daarna uit om die suiwelbedryf vir nog baie jare te dien, aangesien hierdie kompetisie die maatstaf geword het vir produsente om hulself teen mekaar te meet.”

Die kampioenskappe, wat sedert 1834 deur Agri-Expo aangebied word, lok jaarliks sowat 900 inskrywings van groot, medium en klein vervaardigers. Hierdie suiwelprodukte kompeteer vir die gesogte titels van SA Kampioen, die Qualité-merk van gehalte en die Produk van die Jaar, wat aangewys word tydens die hoëprofiel Suid-Afrikaanse Suiweltoekennings.

HOE DIE KOMPETISIE WERK

  • Enige suiwelprodusent wie se produkte in die handel beskikbaar is, kan inskryf vir die kampioenskappe.
  • Die kampioenskappe bestaan uit meer as 100 klasse vir kaas, jogurt, melk, room, roomys, botter en ander produkte. Die wenners in die onderskeie klasse word as SA Kampioenebekroon.
  • Produkte van uitsonderlike gehalte wat ’n spesifieke minimumpunt op die internasionale telkaart behaal het, ontvang die Qualité-toekenning, wat deur die suiwelbedryf erken word as die enigste merk van gehalte.
  • Die produk wat die hoogste punt ontvang, word as die Produk van die Jaar aangewys.

BELANGRIKE DATUMS

  • Aanlyninskrywings open op Woensdag 1 Maart 2023 op die webwerf www.cheesesa.co.za.
  • Die sluitingsdatum vir inskrywings is Vrydag 24 Maart 2023.
  • Die beoordeling vind op Donderdag 20 en Vrydag 21 April 2023 by Eensgezind buite Durbanville plaas.
  • Die SA Suiweltoekennings word op Donderdag 25 Mei 2023 by Eensgezind buite Durbanville aangebied.

Die SA Suiwelkampioenskappe en SA Suiweltoekennings word moontlik gemaak in samewerking met die platinumvennoot Synercore en ander vennote.

Vir meer inligting, besoek www.cheesesa.co.za, skakel 021-863-1599 / 083-440-1628, of stuur ‘n e-pos aan dairy@agriexpo.co.za.

UITGEREIK DEUR AGRI-EXPO

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0