Categories: NuusPublished On: 20th December 2018

Strydenburg se vroeё Kersgeskenk

By 1 min read
227 words

IMG-20181219-WA0019

Boere by ‘n klein dorpie in die Noord-Kaap, Strydenburg, wat ook erg onder die droogte gebuk gaan, het net voor Kersfees weer bietjie hoop gekry om aan te gaan.

Caring Daisies het met Strydenburg se veiligheidsgroep in kontak getree oor hulle droogtetoestand en  daar is 10 vragmotors na hulle toe gestuur vol voerbale en mielies vir hulle diere.

Vibro Bricks & Paving van Pretoria het die voer gratis al die pad na die Noord-kaap vervoer. Daar is ook nog tien trokke wat na Aberdeen gegaan het om daar voer te gaan aflaai.

Strydenburg se gemeenskap het almal saam opgewonde vir die voer gewag op Sondag 16 Desember. ‘n Boer van Strydenburg, Abre Wiid, sȇ die gemiddelde boer het 15 sakke mielies en 10 bale voer gekry en dat elke bietjie help.

Jaco Jansen van N12 Halfway Stop in Strydenburg het die bestuurders van die vragmotors se kospakkies geborg en Hennie Zwiegers, voorsitter van Strydenburg se veiligheids- en droogtekomitee, het saam met Caring Daisies gewerk om alles gereёl te kry.

Caring Daisies sȇ die volgende op hulle Facebookblad: “Dit is hoekom ons doen wat ons doen. Vandag se vragte gaan nie noodwendig ‘n groot genoeg verskil maak nie, maar dit dra ‘n BELOFTE van HOOP en OMGEE!”

Kyk hier na ‘n video van die voerskenkings:

Jy kan ook ‘n bydrae of skenking maak aan Caring Daisies om ons boere te help:

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0