Categories: Artikels, Vee en Wild, VeilingsPublished On: 24th October 2023

Streng seleksie werp vrugte af by die Vlakte Bonsmara Studiegroep se 14de bulveiling

By 3 min read
529 words

LOT 26 – KBS190012

Lot 26 van Kameeldoring Bonsmaras behaal die duurste prys vir die dag en verkoop vir R420 000 aan Hardus de Beer van Harcor Boerdery.

Op die 20ste Oktober 2023 het die Vlakte Bonsmara Studiegroep hulle 14de bulveiling te plaas Doornpan, Roedtan aangebied. Dit was weereens ‘n besonderse veiling met top pryse behaal op beide manlike en vroulike diere wat aangebied was op die dag.

Die veiling is met groot sukses aangebied met kwaliteit diere wat uit die groep aangebied is.

Gefokus op volhoubaarheid en konsekwentheid

Kobus du Toit, voorsitter van die Vlakte Bonsmara Studiegroep open die veiling met die volgende: “Dit is werklik vir ons ‘n trotse dag. Elke verkoper het diep gedelf en ek kan werklik getuig hier is net die beste diere op veiling vandag.”

“Dit is so ‘n voorreg om deel van hierdie groep te kan wees, waas ons so lekker kan saamwerk, en jaar na jaar voortbou op die sukses. Die konsekwentheid van die groep en dit wat ons na werk is merkwaardig!” sluit Kobus af.

Uitslae en gemiddelde op stoet diere was soos volg:

  • 44 Bonsmara Stoetbulle is verkoop (100% verkope) teen ‘n gemiddelde prys van R136 136.36. Die hoogste prys bul van Kameeldoring Bonsmaras verkoop vir R420 000.00 aan Harcor Boerdery.
  • Die duurste koeie en kalwers verkoop vir R80 0000.00
  • Dragtige koeie behaal ‘n gemiddeld van R64 375.00 en die hoogste prys vir die dag was R 72 500.00
  • Dragtige koeie met kalwers verkoop vir ‘n gemiddeld van R95 000.00 en die hoogste prys vir die dag was R130 000.00
  • Dragtige verse behaal ‘n gemiddeld van R53 750.00 en die hoogste prys vir die dag was R65 000.00

Uitslae en gemiddelde op kommersiële diere was soos volg:

  • 16 Dragtige koeie verkoop vir ‘n gemiddeld van R24 968.75 en die hoogste prys vir die dag was R31 000.00
  • 86 Dragtige verse verkoop vir ‘n gemiddeld van R37 819.77 en die hoogste prys vir die dag was R60 000.00
  • 31 Dragtige koeie met kalwers verkoop vir ‘n gemiddeld van R33 290.32 en die hoogste prys vir die dag was R38 500.00
  • 13 Koeie met kalwers verkoop vir ‘n gemiddeld van R26 576.92 en die hoogste prys vir die dag was R28 500.00
  • 10 Oop verse verkoop vir ‘n gemiddeld van R21 250.00 en die hoogste prys vir die dag was R21 500.00

Laai die uitslae hier af: Vlakte Bonsmara Studiegroep uitslae 20 Oktober 2023

Hardus de Beer van Harcor Boerdery saam met Andries Kruger van Kameeldoring Bonsmaras. Hardus ontvang die prys vir die duurste bul gekoop op die dag.

Duurste bul koper, Hardus de Beer saam met die afslaer, Mike Killassy en Andries Kruger, verkoper van die duurste bul.

Lot 56, dragtige koei en kalf van LFR Bonsmaras behaal die duurste prys vir die dag en verkoop vir R130 000 aan Hardus de Beer van Harcor Boerdery.

Hardus de Beer van Harcor Boerdery ontvang ook die toekenning vir die aankoop van die duurste vroulike dier (dragtige koei met kalf) van die dag, verkoper was Leon Fritz Riekert van LFR Bonsmaras.

Sirkel N Landgoed ontvang die prys vir die hoogste omset spandeer tydens die Vlakte Bonsmara Studiegroep se 14de bulveiling.

Baie geluk aan elke teler – die verkopers asook die kopers met besonderse genetika en diere. Dankie ook aan die Vlakte Bonsmara Studiegroep dat ons deel van hierdie spoggeleentheid kon wees.

Vir meer inligting oor die Vlakte Bonsmara Studiegroep besoek gerus hulle webwerf by https://www.vlaktebonsmara.co.za/ of volg hulle op Facebook  https://m.facebook.com/VlakteBonsmaraStudiegroep/?locale=fy_NL

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0