Pannar bou op vertroue, kundigheid en die regte kultivarkeuse

NAM07162
՚n Kreatiewe mieliekunswerk het Pannar se uitstalling by Val Boeredag versier.
Vir Pannar is Val Boeredag veel meer as net nog ՚n landbou-uitstalling. Dit is een van die belangrikste datums op die maatskappy se jaarlikse kalender. Gedurende hierdie jaarliks byeenkoms, kry Pannar die geleentheid om boere van regoor die oostelike produksiegebied te ontmoet, terugvoer uit die veld te ontvang en saam met boere te beplan vir die komende seisoen.
Hendri Lange, landboukundige van die Oostelike Hoëveld en Limpopo, Mpumalanga, en gedeeltes van die Vrystaat, sê geleenthede soos Val Boeredag speel ՚n sleutelrol in die versterking van die verhouding tussen Pannar en boere.Volgens Hendri is hierdie gesprekke van groot waarde, omdat dit Pannar in staat stel om nie net na boere se behoeftes te luister nie, maar ook om te wys hoe die maatskappy saam met boere wil werk om langtermynoplossings te ontwikkel.
Hierdie benadering sluit aan by Pannar se fokus op plaaslik aangepaste genetika, deurlopende navorsing en die Panagri™-navorsingsprogram, waar kultivars oor verskeie jare heen en in uiteenlopende produksiegebiede geëvalueer word om praktiese aanbevelings vir produsente te ontwikkel.
“Vir ons as Pannar is Val Boeredag een van die uitsonderlike geleenthede van die jaar. Ons werk nie net met kliënte in hierdie spesifieke gebied nie, maar met boere regoor die ooste. Dit gee ons die geleentheid om ordentlik met hulle te gesels, terugvoer oor ons produkte te kry en te hoor hoe hul seisoen verloop het.”

Pannar se span het tydens Val Boeredag boere verwelkom om meer te gesels oor kultivarkeuses, nuwe genetika en oplossings vir die komende plantseisoen.
Vertroue word nie verkoop nie, dit word gebou
Volgens Hendri is vertroue die hoeksteen van Pannar se verhouding met boere. “Ons klem lê op vertroue. By Pannar beskou ons dit as kardinaal om daardie vertroue by boere te vestig en te behou.” Hy verduidelik dat dié vertroue uit twee kernbeginsels bestaan, naamlik kundigheid en diens.
Van die teelprogram tot by die finale saadpakket wat aan boere gelewer word, word elke produk deeglik getoets voordat dit op die mark beskikbaar gestel word. Pannar bied verskillende pakkette aan, waaronder konvensionele basters, sowel as basters met die Roundup Ready® Maize 2 tegnologie wat die glifosaatonkruiddoder- verdraagsame eienskap bied vir uitstekende onkruidbeheer asook basters met PowerCore® tegnologie wat beskerming teen verskeie bogrondse lepidopteraplae bied en is gestapel met glifosaatonkruiddoder-verdraagsame tegnologie vir uitstekende insek- en onkruidbeheer.
Die pakkette word ontwikkel om boere meer bestuursopsies te gee wat betref onkruid- en plaag-beheer. Hierdie basters word oor verskil-lende produksiegebiede heen getoets om seker te maak dat hulle betroubaar presteer onder uiteenlopende klimaats- en grondtoestande. Vir Hendri gaan dit uiteindelik nie net oor saad nie, maar oor die kundigheid en ondersteuning wat daarmee gepaardgaan.
“Ons werk verskriklik hard, nie net met die teelproses nie, maar ook met die pakkette wat ons aan boere bied. Hierdie pakkette is geproef en ons weet dit werk van die ooste tot die weste.”

Pannar se uitstalling by Val Boeredag het ՚n ontmoetingsplek geskep waar boere en die Pannar span idees kon uitruil.
Die regte pakket is die sleutel tot sukses
Met wisselende klimaatstoestande, veranderende boerdery-uitdagings en stygende insetkoste, meen Hendri dat die keuse van die regte kultivarpakket een van die belangrikste bestuursbesluite is wat ՚n boer kan neem. Hy beklemtoon dat Pannar ten doel het om boere die vertroue te gee dat daar ՚n span kundiges agter elke produk staan – en dat boere op hierdie span kan staatmaak. Volgens hom is Pannar veral van groot waarde vir boere vanweë die voortdurende ondersteuning wat hulle ontvang, van kultivarkeuse tot kundige leiding gedurende elke produksieseisoen.

Hendri Lange, landboukundige van die Oostelike Hoëveld en Limpopo.
Val Boeredag skep ruimte vir betekenisvolle gesprekke
Vir Hendri is die grootste waarde van Val Boeredag die geleentheid om tyd saam met boere in die veld deur te bring. Anders as ՚n vinnige plaasbesoek of ՚n telefoongesprek, bied die dag die kans vir oop gesprekke oor uitdagings, suksesverhale en die pad vorentoe. Hy sê dit is juis hierdie persoonlike betrokkenheid wat daarop dui dat Pannar se benadering op ՚n verhouding met boere fokus. Deur na boere se ervarings te luister en praktiese raad te gee, word langtermynverhoudings gebou wat verder strek as net die verkoop van saad.
Vir Pannar is Val Boeredag dus nie net ՚n geleentheid om produkte ten toon te stel nie, maar ՚n platform waar vertroue versterk, kennis gedeel en vennootskappe gebou word. Die maatskappy se boodskap aan boere is eenvoudig: agter elke kultivarpakket staan ՚n span kundiges wat gereed is om saam met boere te werk en hulle regdeur elke produksieseisoen te ondersteun.
Kontak Pannar vandag! Besoek Pannar se webwerf om meer oor hul kultivars, tegnologieë en dienste te lees, of gebruik die “Meet Your Rep”-funksie-funksie om jou naaste Pannar verteenwoordiger te vind. Tel: 033-413-9500 | Navrae: Pannar Kontakblad