Steel Tube and Pipe Profiles: Vernuwing in veehantering met die top-klas beesweegskaal

weighcrate
Steel Tube and Pipe Profiles het in 2018 begin onder die leiding van Jackie Geldenhuys en Chantel Gouws wat ‘n leemte in die mark vir veehanteringstoerusting geïdentifiseer het. Met hulle eie Wagyu-stoetboerdery as agtergrond, het hulle besluit om produkte te vervaardig wat nie net deur verskeie boere nie, maar ook deur hulself getoets word.
Die doel was om gehalte toerusting te voorsien wat landwyd afgelewer kan word, wat boere tyd en geld bespaar. Hulle verstaan die frustrasie van produkte wat nie effektief funksioneer nie en het daarom gefokus op die vervaardiging van betroubare toerusting van A-graad materiaal.
Die beesweegskaal: ‘n Oorsig
Een van hierdie maatskappy se uitstaan produkte is die beesweegskaal wat ontwerp is met die oog op robuustheid en funksionaliteit. Die weegkrat is 800 mm breed en 2,4 m lank, met skuifhekke aan beide kante, wat dit geskik maak vir beeste van verskillende groottes en tipes. Die onderstel is vervaardig met ‘n 76 x 38 mm U-kanaal, die loopvlak ‘n 3 mm vastrapplaat, en die raamwerk ‘n 50 mm x 2 mm dik ronde pyp, met horisontale ondersteuning van ‘n 38 mm x 2 mm dik ronde pyp. Hierdie materiale verseker ‘n stewige en duursame struktuur wat die uitdagings van daaglikse gebruik kan weerstaan.
Die geïntegreerde weegstelsel
Die weegstelsel wat in die weegkrat geïntegreer is, is ‘n digitale stelsel wat tot op die naaste 0,5 kg akkuraat is. Dit kan maklik aan ‘n skootrekenaar gekoppel word vir data-oordrag en kom in kapasiteite van 2 ton of 3 ton. Hierdie digitale integrasie maak dit maklik vir boere om gewigsdata op te neem en te analiseer, wat bydra tot beter vee- en voerbestuur.
Voordele vir die boer
Die gebruik van die weegkrat bied verskeie voordele vir boere. Deur gereelde gewigmetings kan boere die daaglikse gewigstoename van kalwers monitor en hul voerstrategieë dienooreenkomstig aanpas. Soos die gesegde lui: “Om te meet is om te weet.” Hierdie insig help met die doeltreffendheid van voer en die algemene gesondheid van die kudde.
Beskikbaarheid en ondersteuning
Steel Tube and Pipe Profiles is in Vanderbijlpark geleë en lewer hulle produkte landswyd af. Hulle bied ‘n vakmanskapwaarborg en is toegewyd daaraan om mede-boere te ondersteun indien daar enige probleme met die produkte sou wees. Soos hulle sê: “Ons loop en boer saam”. Met ‘n fokus op gehalte, , duursaamheid en ‘n praktiese ontwerp, stel Steel Tube and Pipe Profiles boere in staat om hulle veehantering en -bestuur te verbeter deur middel van die vernuwende beesweegskale.
Vir meer inligting oor hulle produkte en dienste, besoek hulle webwerf by https://steeltubeprofiles.co.za/.