Categories: Artikels, MeganisasiePublished On: 23rd September 2025

Smith Power Equipment skitter by NAMPO Kaap 2025

By 3 min read
595 words

DSC00528

Kubota is een van Smith Power se handelsmerke met kragtige kleiner trekkers vir elke boerdery.

By vanjaar se NAMPO Kaap het Smith Power Equipment weer gewys waarom hulle al byna 50 jaar ‘n gevestigde handelsnaam in Suid-Afrika is. Met ‘n indrukwekkende verskeidenheid handelsmerke en produkte wat beide die landbou- en konstruksiesektor bedien, het hulle hulle standplaas omskep in ‘n een-stop-bestemming vir boere, kontrakteurs en landskapkundiges.

“Smith Power Equipment is al reeds ongeveer 50 jaar betrokke in Suid-Afrika,” verduidelik Dennis van der Merwe, nasionale verkoopsbestuurder vir Kubota en is ook verantwoordelik vir beide die landbou- en konstruksieafdelings. “Ons dek alles van gholfbaan toerusting en vierwielmotorfietse tot kragtige trekkers en mini-laaigrawe.”

Dennis van der Merwe, nasionale verkoopsbestuurder vir Kubota gesels met ‘n kliënt by hulle NAMPO Kaap 2025 standplaas.

Groen energie en landskapversorging

Aan die een kant het Smith Power die EGO Power+ reeks ten toon gestel. Hierdie handelsmerk wy hom toe aan skoner energie gebruik vir landskapversorging. Die reeks sluit selfaangedrewe grassnyers, stootgrassnyers, handblasers, kantsnyers, kettingsae en heiningsnyers in.

“EGO is hoofsaaklik vir die landskap-manne,” sê Dennis. “Dit is stil, kragtig en geskik vir diegene wat op soek is na omgewingsvriendelike oplossings.”

Die binnekant van die Smith Power uitstalling.

Landbou en konstruksie

Vir die boere en kontrakteurs het hulle die Kubota en Deutz-Fahr trekkers ook uitgestal. Kubota se reeks begin by ‘n kompakte 18 pk trekker en strek tot 135 pk, perfek vir wingerde en vrugteboorde. Vir groter landboubehoeftes bied Smith Power die Duitse Deutz-Fahr trekkerreeks, wat tot 340 pk strek.

“Ons het onlangs ‘n vervaardigingsaanleg in Klapmuts geopen,” vertel Dennis. “Dit bring ons nader aan ons kliënte in die Kaap, waar 70% van ons produkte in die vrugte- en wingerdbedryf gebruik word.”

Aan die konstruksiekant het Smith Power hul reeks mini-laaigrawe uitgestal, insluitend die 1,7 ton, 3 ton, 5 ton en 8 ton masjiene wat geskik is vir presiese werk in beperkte ruimtes.

Soos die Kubota L47 wat die bekende L45 vervang. Hierdie gesogte mini-TLB is ‘n modulêre trekker wat soos ‘n landbou trekker aangewend kan word met ‘n hidrostatiese aandrywing. Hy is dan ook ‘n volledige TLB wat met ‘n bak voor werk en ‘n laaigraaf gedeelte aan die agterkant het.

Frank Neils, die besturende direkteur van PERFECT vertel waarom hulle produkte perfek is vir Suid-Afrikaanse boere.

PERFECT lewer presisie vir boorde en wingerde

Smith Power is ook die verspreider van PERFECT – van Wamel B.V., ‘n Nederlandse vervaardiger van snyers en skrapers. Frank Neils, die besturende direkteur van PERFECT, was self teenwoordig by NAMPO Kaap.

“Ons vervaardig hierdie toerusting al vir meer as 75 jaar,” sê Frank. “Wat ons anders maak, is dat ons die regte produk vir elke boer wêreldwyd bied, of dit nou in Suid-Afrika, Nederland of Kanada is.”

Die PERFECT masjiene is stewig gebou vir Suid-Afrikaanse grondtoestande en kom in verskeie werkwydtes. Hulle is veral gewild in boorde en wingerde, en die naverkopediens is uitstekend, onderdele is beskikbaar selfs vir masjiene wat dekades oud is.

Smith Power en PERFECT werk al ses jaar saam, en die vennootskap het reeds vrugte afgewerp. Hierdie jaar is ‘n nuwe reeks onderhoudstoerusting vir kruisstrookonderhoud en grondbewerking bekendgestel, en volgens Frank is daar reeds planne vir ‘n ligter, meer bekostigbare reeks spesifiek vir wingerde in 2026.

NAMPO Kaap 2025 was vir Smith Power nie net ‘n uitstalling nie, maar ‘n geleentheid om bande te versterk, nuwe oplossings te deel en te wys dat hulle verstaan wat boere en kontrakteurs regtig nodig het: betroubare toerusting, sterk ondersteuning en ‘n vennoot wat saam met hulle groei.

Een van die PERFECT produkte wat ten toon gestel was by NAMPO Kaap.

Besoek gerus hulle webtuiste by www.smithpower.co.za om meer te leer oor die handelsmerke en die uitmuntende produkte wat elkeen bied.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0