Categories: Artikels, Vee en rasse, Voeding, Voerproduksie en -hanteringPublished On: 4th August 2021

Slim skaapboere gebruik Rumax se pilmasjiene

By 2 min read
433 words

1

‘n Dorperooi is nie dom nie. As jy haar gemaalde rantsoen vir haar uitstrooi, gaan sy al die lekker, geurige happies uitsoek en die minder smaaklike vesel, wat goed is vir haar, bly dan agter.

Dit is hoekom jy, as skaapwagter, slimmer as jou ooie moet wees.

Christo Dorfling van Weenen is ‘n aartappel-, mielie- en varkboer, maar sy dorperstoet en -kudde is sy trots. Hy verbou, maal en meng sy eie voerrantsoene vir die skape, maar daar is vermorsing as gevolg van lekkerbekkigheid.

“Nog ‘n probleem is dat hulle hoes en nies van die stof in die fyn voer en ek het baie gevalle van prolapse gehad,” vertel Christo. Prolapse of breuke vind plaas wanneer die rektum uitgestoot word as gevolg van die drukking wanneer daar aanhoudend gehoes of genies word.

Christo se oplossing was om die voer te verpil.

Hy sê: “Vandat ek die pilmasjien van Rumax gebruik, het ek nog nie een prolaps-geval gehad nie. Daar is minder vermorsing, die skape groei mooi en uiteindelik bespaar ek op my voerrekening.”

Pille maak nie net die stof minder nie. Gedurende die verhittingsproses word fito-esterogene wat in die mengsel kan wees vernietig. Die esterogene dra by tot die verskynsel van breuke.

Christo het baie navorsing gedoen om ‘n geskikte elektriese pilmasjien te kry wat die werk kan doen en sy sak pas. Hy sê hy het nie ‘n reuse masjien nodig vir sy kudde van 400 diere nie, maar wanneer die masjien loop moet dit die werk deeglik en sonder onderbrekings kan doen.

Hulle maak een maal per week so drie ton pille met die regte samestellings vir die verskillende ouderdomsgroepe en dragtige ooie.

Met Rumax se diens is Christo ook heel tevrede. Kort nadat die masjien aangekom het, was daar ‘n probleem met die ketting en deurvoer van die materiaal. “Ek het oom Johan Steyn by Rumax gebel en twee dae later het ek ‘n splinternuwe as en ketting gehad – en daar was nog nooit weer ‘n probleem nie.”

Onderhoud is ook maklik. Die laaste materiaal van die dag wat jy insit moet droog wees sodat dit die sif kan skoonmaak en verder moet jy net die ketting ghries en seker maak hy is nie slap nie. Die klein masjien het nie ‘n ingeboude afkoeler soos die groter modelle nie, maar Christo sê hulle laat net die sakke oopstaan vir afkoeling voor hulle dit finaal verpak en toemaak.

Kontak Jaco Pieters by 082-335-3970, 023-342-6070 of jaco@rumax.co.za vir jou voeroplossing. Kyk ook na hulle ander toerusting wat die boer se lewe makliker maak op www.rumax.co.za.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0