Categories: Artikels, MeganisasiePublished On: 3rd October 2025

Kolskoot met Case IH se “Sniper” opleiding

By 5 min read
1026 words

NAM09818

‘n Goeie skerpskutter of te wel ‘sniper’ is nie net elke keer akkuraat nie maar hulle is geduldige, presiese en veerkragtige mense. Hulle moet hulle terrein, hulle teiken en hulle wapen goed ken. Vir die afgelope drie jaar het Case IH hulle skerpskutters opgelei om veerkragtige en doelgerigte verkoopspersone te wees wat hulle produkte en die belange van die boer ken en verstaan.

In 2023 het Case IH hulle ‘Sniper’ presisie-tegnologie opleiding begin aan bied vir handelaars regoor Suid-Afrika
en Afrika. Die naam is geïnspireer deur Suid-Afrikaners se liefde vir jag, en terwyl die Amerikaners ‘n soortgelyke opleidingsessie genaamd ‘Top Gun’ aanbied, het ‘Sniper’ net beter by die Suid-Afrikaanse kultuur en mark gepas.

Die waarde van ՚n Case IH-skerpskutter

Hierdie sniper-opleidingsweek bied ’n gefokusde benadering tot presisietegnologie in ՚n landboumark waar die meeste vervaardigers se masjinerie reeds op gelyke vlak is in terme van enjinvermoë, hidrouliese vloei en transmissie tipes. Die werklike verskil kom egter in by die diens wat deur die handelaars gelewer word en die gehalte presisie-tegnologie wat beskikbaar is. Tydens die jaarlikse sniperopleiding word beide hierdie aspekte aangespreek in ՚n vyf dae lange opleidingssessie.

Die eerste drie dae fokus op die tegniese opleiding en kennis van die Case IH presisieprodukte en die laaste twee dae fokus op die verkoop van hierdie produkte. Die opleiding bestaan uit ՚n kombinasie van teorie en fisiese ervaring. In die afgelope drie jaar het hierdie opleidingsweek elke jaar net gegroei en waar opleiding in 2023 sowat met 70 deelnemers begin, was daar hierdie jaar sowat 180 kursus gangers.

Die basiese beginsels van die masjiene verander nie elke jaar nie maar die sagteware en tegnologie ontwikkel wel. Hierdie tipe ontwikkeling maak die produk weer byna nuut daarom is dit vir Case IH noodsaaklik om die handelaars elke jaar op die kruin van die golf te hou. Dit verseker dat hulle ‘snipers’ altyd skerp bly.

‘n Groep deelnemers leer meer oor Presisie Spuittegnologie saam met Skolla en Arjan.

Opleiding met ՚n verskil

Die sniper-opleiding sluit ook elke jaar ’n groep internasionale spesialiste van Europa en Brittanje in. Hierdie produkspesialiste, sagtewareingenieurs en toepassings- en integrasie-kenners help om die groot getalle deelnemers op te lei en gee handelaars die kans om direk met die mense agter die tegnologie te verbind. Die gebruik van internasionale Case IH-spesialiste beklemtoon ook die erns waarmee die EMEA-bestuur die belangrikheid van hierdie sniperopleiding beskou. Handelaars vanuit Suid-Afrika, Tanzanië, Zambië, Zimbabwe, Kenia en Mauritius het reeds die opleidingsgeleentheid benut.

Gespesialiseerde presisiekennis

Die sniper-opleidingsweek word in ses verskillende stasies ingedeel elk met sy eie spesifieke fokus.

Stasie 1: Case IH FieldOps

Hier het Esmond Coen die prosesse rondom masjienregistrasie, kliënteprofiele en die gebruik van Case IH FieldOps verduidelik. Die opleiding het telematika en agronomiese data asook die beskikbaarheid via slimfone,
tablette of rekenaars bespreek.

Stasie 2: eTim, Raven Portal en sagteware-opdaterings

Mellisa Allen en Jan Hendrik De Kock van die naverkopespan het kursus gangers gewys hoe om sagteware en nodige inligting vir Case IH en Raven-presisietegnologie te verkry en te laai. Die sleutel tot die sukses by hierdie stasie was om seker te maak alle deelnemers weet presies hoe om pgradeerings te doen en waar om die nodige ondersteuningsmateriaal te verkry.

Stasie 3: Autoguidance en Aftermarket Guidance

Hier het Frikkie Bronkhorst en Silvan Kolk van Raven Europa gefokus op veld- en rigtingpatrone, skermfunksies
en die integrasie van Case IH se GPS-ontvangers. Die opleiding het praktiese demonstrasies van Retrofit-stelsels op oopstasie- en intreëvlakmasjinerie ingesluit.

Stasie 4: Toepassingstegnologie (Application Control)

Nico Myburgh, hoof van Presisie tegnologie het Raven se nuutste oplossings deur gehardloop, dit het retrofit Hawkeye II-spuitstelsels met Spot Spray en RCM-beheerstelsels op planters en strooiers ingesluit. Handelaars kon die tegnologie prakties beleef.

Stasie 5: Guardian- en Patriot-spuite

Skolla Pieterse en Arjan Uijterlinde van Raven Europe het Case IH se spuitsegment uitgelig met die Case IH Patriot-modelle. Opleiding het onder andere gefokus op die Hawkeye II-stelsel (Aim Command Flex II / Intellispray II) en VSN, ’n kamerasisteem vir rybeheer.

Stasie 6: OnBoard Case IH FieldOps Data Management

John Downes van Case IH Europa het deelnemers gewys hoe data in twee rigtings tussen Case IH FieldOps en Case IH- of Raven-skerms vloei. API-integrasies met derdeparty-sagteware is ook hier bespreek en deur gewerk.

Hoekom bevoordeel hierdie opleiding die boer?

Die voordeel wat die boer uit hierdie tipe opleiding put is dus eenvoudig, hoe meer kundiges daar in die veld is, hoe vinniger word probleme opgelos en hoe beter is die algehele gebruikerservaring. Tydens die opleidingsweek kry die hele Case IH-span, van werkswinkelpersoneel tot verkoopsmanne die geleentheid om die basiese werking van die stelsels te verstaan. Hierdie kennis wat gedeel word, beteken dat die boer uiteindelik die wenner is.

Deelnemers probeer die Presisie-tegnologie stoelsimulator om ’n werklike ervaring van die tegnologie te kry wat in die kajuit van toerusting geïntegreer kan word.

Sniper van die jaar

Om dinge ekstra interessant te maak vir die Sniper-deelnemers elke jaar, word daar aan die einde van hierdie opleidingsweek twee Snipers van die jaar aangewys. Finaliste en wenners word gekies op grond van faktore soos begrotings, handelaars grootte, produk ondersteuning, tegniese verslae, bemarkingspogings en samewerking met die heelgoedere-spanne. Dus word die wenners saam deur beide die kommersiële- en tegniese spanne gekies.

Die Case IH ‘snipers’ Riaan Leonard en Dries du Preez.

Die Sniper wenners is:

• In die tweede plek vir verkope: Miguel Rebelo van Rebelo Agriculture Machinery, in Tarlton.

• In die tweede plek vir tegniese kennis: Dries du Preez van Viltrac, in Viljoenskroon.
• Die algehele wenner is Riaan Leonard van Middelburg Case International.

Nog ՚n suksesvolle opleidingsessie agter die rug

Die groei wat hierdie opleidingsweek oor die afgelope paar jaar gewys het dui daarop dat hierdie tipe opleiding waardevol en belangrik is. Hierdie jaar was geen uitsondering nie en volgens Frikkie Bronkhorst, Case IH presisieboerdery spesialis vir die Midde Ooste en Afrika, was die terugvoer van beide handelaars en personeel na die week uiters positief.

“Case IH is dankbaar teenoor EMEA-bestuur vir die befondsing, en vir die handelaars wat voluit deelgeneem het. Die kern lesse wat ons van die opleiding kon weg vat was dat daar ’n groot vraag na meer sulke opleidingsessies is. Die honger na kennis is duidelik, en die Sniper-opleiding is die perfekte platform om dit te voed,” sê hy.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0