SGS Nvirocrop se landboukundiges laat jou boerdery floreer

NAM08702
Cobus Burger van SGS Nvircrop vertel by NAMPO van die landboukundige dienste wat hulle boere bied.
Wanneer jy wil weet hoe goed jou presisieboerdery werk, moet jy weet wat in jou grond aangaan. SGS Nvirocrop se onafhanklike spesialislandboukundiges kan hiermee help.
Cobus Burger, sakebestuurder van SGS Presieboerderydienste, verduidleik dat SGS ‘n internasionale maatskappy is wat verskeie boerderydienste aanbied wat jou help om jou boerdery te verstaan en te verbeter.
Hulle kan jou help met:
- Grondontledings
- Blaarweefsel-, water-, kunsmis-, organiese en kalkontledings
- Grondklassifikasie
- GPS-grond- en blaarmonsters
- GIS-kaarte, waardebepalings en kunsmisaanbevelings
- Onafhanklike landbou-adviesdienste vir volhoubaarheid
- Gewasverkenning
- Ekonomiese lewensvatbaarheid van aktiewe plaasgronde, plus nuwe of herwonne landbougrond

Van die dienste wat SGS Nvirocrop jou kan bied.
Na-plaashekdienste
Volgens Cobus bied hulle na-plaashekdienste, nadat jou oes gestroop is, soos inspeksie en sertifisering van jou graan of olie.
Agri-kommoditeite
SGS het ook agri-kommoditeite wat die invoer en uitvoer van olies, grane en kunsmis behartig.
Voedselveiligheid
In Suid-Afrika het SGS twee onafhanklike voedsellaboratoriums om voedselveiligheid en voedingstofwaarde te ontleed.
Landboukundige dienste
SGS bied verskeie landboukundige dienste wat boere help om data in te samel. Al die data wat SGS insamel word volgens gebied gemerk sodat dit maklik is om terug te verwys na sekere punte, dit stel ook SGS in staat om oorleggende kaarte te bou en statistieke daarvan te trek.
“Ons gebruik basies presisieboerdery om grondinligting in te samel; ons het ook ons eie grondlaboratorium wat ons reaksietyd versnel,” vertel Cobus.
Die laboratorium help met grond-, blaar-, water-, kunsmis- en komposontledings. Die inligting wat tydens die presisieboerdery verkry word, word gebruik om aanbevelings vir boere te maak om hulle grondvrugbaarheid te balanseer.
Cobus verduidelik dat hulle landboukundiges regdeur die jaar by die boere betrokke is, hetsy met gewasinspeksies of iets anders. Hy glo dat dit net meer waarde aan hulle dienste toevoeg.
“Ons het gesien dat jy die meeste ondervinding opbou wanneer jy saam met die boer op die plaas is. Hoe meer ondervinding die landboukundiges opdoen en hoe meer hulle leer, hoe meer waarde kan ons vir ons klante bied,” sêCobus.
Hy glo ook dat dit juis in moeilike jare is, wanneer die klimaat ‘n groot rol speel, dat hulle die meeste leer en dan in die toekoms hierdie kennis toepas vir die volhoubaarheid van die boerdery.
SGS Nvirocrop se ander dienste
SGS Nvirocrop kan jou ook bystaan met dienste soos hulle Precision Gateway, ‘n digitale platform wat hulle ontwikkel het om boere help om ingeligte besluite in presisielandbou te neem.
Ander dienste sluit in die samestelling van besproeïngskedules, regstreekse gewasmonitering, opbrengsvoorspellings en -evaluasies en ekonomiese evaluasies van plantbedrywighede.
As jy jou boerdery na die volgende vlak wil neem, is SGS Nvirocrop die mense wat jy aan jou sy wil hê. Jy kan hulle kontak kontak by (+27)-18-285-7000.